Kranskop (koppie)
berg langs N1-hoofweg, Limpopo / From Wikipedia, the free encyclopedia
Kranskop is 'n bergkoppie reg langs die N1 in Limpopo, Suid-Afrika. In Noord-Sotho staan dit bekend as Modimolle, d.w.s. "god het geëet / verslind". Dit bestaan uit rooi sandsteen en is aan die wesgrens van die Springbokvlakte geleë, sowat 8 km noordoos van Kranskoptolhek[1] en 3 km suid van die Nylrivier. Die kruin van die kop is 1 365 m bo seevlak en toon uit sekere oogpunte 'n ooreenkoms met 'n piramide – na bewering is dit deur die Jerusalemgangers as die ruïne van een aangesien. Sekere plaaslike Bapedi beskou dit as 'n heilige berg en hul rituele word snags teen die hange uitgevoer.[2] Die omgewing van die tolhek is na bewering onveilig weens rowers wat in die bos skuil.[3]
Kitsfeite
Kranskop | |
---|---|
Ligging | Limpopo, Suid-Afrika |
Hoogte | 1365 meter bo seevlak |
Koördinate | 24°43′22″S 28°31′51″O |
Sluit