From Wikipedia, the free encyclopedia
Koolstof-14 (146C) is 'n radioaktiewe isotoop van die element koolstof.
Algemeen | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam | Koolstof-14 | |||||||||||||||
Protone | 6 | |||||||||||||||
Neutrone | 8 | |||||||||||||||
Kernspin | 0+ | |||||||||||||||
Massa-oorskot | 3019,893 keV[1] | |||||||||||||||
Status | ||||||||||||||||
Status | radioaktief | |||||||||||||||
Vervalvorm | β-[1] | |||||||||||||||
Relatiewe voorkoms | Spoor in die atmosfeer. | |||||||||||||||
Navigasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Lys van isotope | ||||||||||||||||
Portaal Chemie | ||||||||||||||||
Portaal Fisika |
Dit word deur die kosmiese straling in klein hoeveelhede in die atmosfeer gevorm en dit word gebruik as 'n vorm van radiometriese datering om sekere organiese materiaal se ouderdom te bepaal. Dit is seker die bekendste metode om die ouderdom van organiese materiaal te bepaal tot ongeveer 90 000 jaar oud.
Om te verduidelik wat koolstof-14 is, net eers 'n agtergrond oor atome:
Alle materie bestaan uit atome. Atome het 'n kern in die middel waarom elektrone (negatief-gelaaide deeltjies) draai. 'n Atoom se kern bestaan uit protone (positiefgelaaide deeltjies) en neutrone (neutraal gelaai). Die atoomgetal van 'n atoom dui op die aantal protone van 'n atoom. Protone en neutrone word nukleone genoem. 'n Atoom met 'n neutrale lading het ewe veel protone(+) en elektrone(-). Verskillende elemente bevat verskillende hoeveelhede protone (en elektrone), bv: waterstof het 1 proton, koolstof het 6 protone, suurstof het 8, goud het 79 (kyk Periodieke tabel). Vir meer inligting oor atome, kyk die definisies hieronder:
Koolstof het 6 protone en daar is drie isotope van koolstof wat natuurlik op aarde voorkom: 99% van die koolstof op aarde is koolstof-12 (6 neutrone), 1% is koolstof-13 (7 neutrone), en koolstof-14 (6 neutrone) wat in spoorhoeveelhede (baie klein hoeveelhede) voorkom.
Koolstof-14 word gevorm wanneer kosmiese strale in die boonste atmosfeer neutrone uit die nukleus van 'n atoom uitslaan. Hierdie uitgeslaande neutrone beweeg teen 'n baie vinnige spoed en bots teen gewone stikstof (14N) wat op 'n laer hoogte in die atmosfeer voorkom. Wanneer hierdie neutrone van die protone van die stikstof uitslaan, lei dit tot die vorming van koolstof-14:
In teenstelling met gewone koolstof-12 (12C), is koolstof-14 (14C) onstabiel (radio-aktief) en daarom begin dit stadig met die proses van radioaktiewe verval. Een van die protone van 14C verval en word 'n proton om weer stikstof (14N) te word. Tydens hierdie proses word energie vrygestel deur die volgende reaksie:
Die halfleeftyd van 14C is ~5730 jaar. Die hoeveelheid 14C halveer dus elke 5730 jaar. Die volgende formule word gebruik vir halfleeftyd:
Waar:[2]
Dus, as t = HL, dan is:
Dus, na elke halfleeftyd halveer die konsentrasie.
Die volgende tabel demonstreer hoe die verval werk:
Aantal halfleeftye | 0 | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
Aantal jaar (t) | 0 | 5730 | 11460 | 17190 | 22920 | 28650 | 34380 | 40110 | 45840 | 51570 | 57300 |
Fraksie oor (X/X0) | 1 | 0.5 | 0.25 | 0.125 | 0.0625 | 0.03125 | 0.015625 | 0.007813 | 0.003906 | 0.001953 | 0.000977 |
Fraksie oor (X/X0) | 1 | 1/2 | 1/4 | 1/8 | 1/16 | 1/32 | 1/64 | 1/128 | 1/256 | 1/512 | 1/1024 |
Dus, na 10 halfleeftye (in koolstof-14 se geval is dit 57 300 jaar) is die konsentrasie minder as 'n duisendste van die oorspronklike konsentrasie.
'n Ander interessante aspek van koolstof-14 is dat omdat sy halfleeftyd relatief kort is,[3] verminder die koolstof-14 relatief vinnig tot baie klein konsentrasies wat 'n mens nie akkuraat kan meet nie. Daar word egter vandag koolstof-14 in diamante en dinosourusbene gevind[4].
Die produksie van die radio-isotoop was — in teenstelling tot die vervalproses — in die geskiedenis nie altyd dieselfde gewees nie. Die hoeveelheid koolstof-14 in lewende dinge word bepaal deur die hoeveelheid koolstof-14 in die atmosfeer. Dit is een van die probleme met radiometriese dateringsmetodes, want niemand weet presies wat die aanvangskonsentrasie van koolstof-14 in die atmosfeer was toe die lewende organisme gesterf het nie. Die probleem word deur die spesialiste oorkom deur die ouderdom wat verkry word, te vergelyk met voorbeelde uit bekende ouderdomme en dan 'n kalibrasie-kurwe te gebruik om 'n definitiewe ouderdom vas te stel.
'n Belangrike bron van vergelykingsmateriaal is die groeiringe wat in die hout van bome aangetref word. Die studie hiervan word dendrochronologie genoem. Dis moontlik om te bepaal uit watter jaar 'n bepaalde ring stam. Indien van die hout van hierdie ring 'n koolstof-14-konsentrasie bepaal word, lewer dit 'n kalibrasiepunt op. Die kalibrasiekromme is amper 'n reguit lyn, maar dit bevat afwykings wat die geskiedkundige veranderings in die produksie weerspieël. Hierdie afwykings lyk lukraak, maar hulle is in die verlede vasgelê en verander nie meer nie. Om hierdie gegewens as kalibrasie te gebruik, word nie-parametriese Bayesiaanse statistiek toegepas.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.