Judaïsme (vanaf Latyn : Iudaismus , afgelei van Grieks : Ἰουδαϊσμός, oorspronklik van Hebreeus : יהודה, Jehoedá , "Judah"; in Hebreeus: יהדות, Jahadoet ) of Jodedom is die godsdiens van die Jode met omtrent 15 miljoen volgelinge wêreldwyd in 2006. Dis een van die eerste monoteïstiese godsdienste wat opgeteken is, en een van die oudste tradisies wat nog gevolg word. Judaïsme verskaf ook die waardes en historiese agtergrond tot ander godsdienste, soos Christendom en Islam . Daarbenewens kan die term Judaïsme ook na die Jode se tradisies en leefwyse, hul filosofie en gewoonlik ook hul kulture verwys asook na die Jode as 'n groep.[1] Jerusalem , Hebron , Safed en Tiberias vorm die vier heilige stede van Judaïsme.[2] Chanoeka , Jom Kippoer , Pesach , Poerim , Roosj Hasjana , Sabbat , Sjavuot , Soekkot en Tisj'a be'Aw (alfabetiese volgorde) is van die vernaamste feeste en herdenkings in die Joodse kalender .[3] [4] [5]
Joodse bevolking per land (2010)
Judaica (kloksgewyse van bo af): Sabbat-kandelaars, handwasbeker, Goemasj en Tanag, Torawyser, sjofar en etrogboks
Tonele uit die Boek van Ester versier die Dura-Europos-sinagoge wat dateer uit 244 v.C.
Sefardiese Joodse feesviering in Tétouan, skildery deur Alfred Dehodencq in 1865, Paryse Museum vir Joodse Kuns en Geskiedenis
Asjkenasiese Jode van Oos-Europa in die laat 19de eeu vier Jom Kippoer in die sinagoge , skildery deur Maurycy Gottlieb in 1878
Joodse kinders in tradisionele klere met hul onderwyser in Samarkand . Vroeë kleurfoto van Rusland , geskep deur Sergej Mikhailowitsj Prokoedin-Gorskij as deel van sy werk om die Russiese Ryk vanaf 1909 tot 1915 te dokumenteer.
'n Jemenitiese Jood blaas die Sjofar net voor die begin van Sabbat , 1930's
Die Westelike Muur in Jerusalem is 'n oorblyfsel van die muur wat eens die Tweede Tempel omring het. Die Tempelberg is die heiligste plek in Judaïsme.
'n Tora en 'n jad, 'n wyser wat by die lesing van die Tora gebruik word
'n Volledige stel Tanagrolletjies
Tafel met eerste voorbereidings vir Sabbat
Twee gevlegde Sabbat-gallá's onder die geborduurde Gallá-omslag aan die begin van die Sabbatmaaltyd