From Wikipedia, the free encyclopedia
Monoteïsme (afgelei van die Griekse μόνος mónos "alleen" en θεός theós "God") is die godsdienstige of wysgerige siening dat daar slegs een ware en alomvattende God is. In die godsdienswetenskap word die term gebruik om bepaalde godsdienste en filosofiese stelsels, waarin net een enkele godheid erken word, af te grens van politeïstiese godsdienste en filosofieë waarin 'n verskeidenheid godhede erken en vereer word. Godsdienste, wat verskillende godhede erken, maar slegs één hiervan as hoogste godheid vereer, word monolatries genoem.
As wetenskaplike term kom monoteïsme vir die eerste keer in die werk van die 17de eeuse Engelse filosoof en teoloog Henry Moore voor.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.