![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/5/5c/Ds_JG_Olivier.jpg/640px-Ds_JG_Olivier.jpg&w=640&q=50)
Johannes Gerhardus Olivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ds. Johannes Gerhardus Olivier (Graaff-Reinet, 12 Augustus 1843 - Bethulie, 10 Maart 1884) was 'n leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat in sy kort loopbaan eers die gemeente Franschhoek en toe Bethulie bedien het. Van albei dié gemeentes was hy die tweede leraar. Tydens sy 11 jaar lange bediening in die Oranje-Vrystaat was hy drie maal moderator van die Vrystaatse Kerk: van 1877 tot 1879, van 1880 tot 1881 en weer van 1883 tot sy dood in 1884.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/5/5c/Ds_JG_Olivier.jpg/640px-Ds_JG_Olivier.jpg)