Joesif Joelijewitsj Karakis (Russies: Ио́сиф Ю́лиевич Кара́кис) (29 Mei 1902, naby Balta - 23 Februarie 1988, Kiëf) was ’n Sowjet-argitek, stadsbeplanner, skilder en onderwyser. Hy was een van die produktiefste argitekte van Kiëf.

Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Joesif Joelijewitsj Karakisb
Ио́сиф Ю́лиевич Кара́кис
Gebore29 Mei 1902
naby Balta, Russiese Ryk
Sterf23 Februarie 1988 (op 85)
NasionaliteitVlag van Sowjetunie Sowjetunie
Beroepargitek, stadsbeplanner, skilder en onderwyser
Ouer(s)Borisowitsj Karakis
Frida Jakowlewna
Sluit

Hy het dosyne argitektoniese monumente ontwerp, asook meer as 2 000 skole.[1] Hy was die argitek van meer as 4 000 geboue in die voormalige Sowjetunie.[1][2]

Projekte

Thumb
Huis van die Rooi Leër in Kiëf, 1934.

In Kiëf was hy onder meer verantwoordelik vir:

  • Nasionale Historiese Museum van die Oekraïne;
  • Huis van Beamptes – Groesjefskowo-str. 30 / 1 - nou die Sentrale Museum van Gewapende Magte van Oekraïne;
  • Die trappe en skutmuur met lanterns by die ingang van die Nasionale Museum van Geskiedenis van die Oekraïne;
  • Huis van die Rooi Leër en Vloot in Kiëf (1932);
  • Rekonstruksie van die klub in Awiagorodke (1933-1934);
  • Restaurant "Dynamo" (1932-1934);
  • Rekonstruksie van die Teater van die Rooi Leër (1938);
  • Musiekskool en konsertsaal van die Konservatorium vir Musiek (1936-1937);
  • Joodse teater te Chresjtsjatik-str. 17 (1939);

Hy het ook verskeie gebou ontwerp of help ontwerp in Moskou (Koersk-stasie), Tasjkent, Chisinau, Bekabod (Oezbekistan), Charkof, Skomorochi, Komsomolsk, ens.

Thumb
Panorama van Kiëf met ’n gebou van Karakis links.

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.