Ilos (seun van Tros)
seun van Tros in die Griekse mitologie, mitologiese stigter van Troje / From Wikipedia, the free encyclopedia
In die Griekse mitologie was Ilos (Oudgrieks: Ἶλος Ilos) die stigter van die stad Ilios of Ilion (verlatyn as Ilium) waaraan hy sy naam gegee het.[1] Toe die stad die hoofstad van die Trojaanse mense geword het is dit ook dikwels Troje genoem, die naam waaraan dit vandag herken word. In sommige verhale word Ilos met 'n pluim perdehare beskryf.[2]
Kitsfeite ouers, broers en susters ...
Ilos | |
---|---|
ouers | Tros en Kallirhoe of Akallaris |
broers en susters | Assarakos, Ganumedes, Cleopatra en Cleomestra |
kinders | Temis (of Themis), Telekleia; Titonus en Ganumedes en Laomedon, koning van Troje |
metgesellin | Eurudike of Leukippe of Batia van Troas |
opvolger | Laomedon van Troje |
voorganger | Tros |
Sluit