From Wikipedia, the free encyclopedia
Hampshire (soms ook Southamptonshire genoem) is 'n graafskap in die suide van Engeland in die Verenigde Koninkryk. Die seremoniële graafskap sluit in die stede van Southampton en Portsmouth, maar om administratiewe doeleindes beskik hierdie twee stede oor unitêre owerhede (unitary authorities).
Hampshire | |
---|---|
Vlag Wapen |
Ligging in Engeland |
Seremoniële graafskap Hampshire | |
Hoofstad | Winchester |
Oppervlakte | 3 769 km2 |
Bevolking | 1 763 600 (2011) |
Bevolkingsdigtheid | 468 inw./km2 |
Administratiewe (nie-metropolitaanse) graafskap | |
Streek | Hampshire |
Administratiewe setel | Winchester |
ISO 3166-2: | GB-HAM |
Oppervlakte | 3 769 km2 |
Bevolking | 1 763 600 (2011) |
Bevolkingsdigtheid | 468 inw./km2 |
Webtuiste | www.hampshire.gov.uk Geargiveer 18 Desember 2014 op Wayback Machine |
Distrikte en Unitêre owerhede | |
|
Die seremoniële graafskap het 'n bevolking van 1,8 miljoen in die 2011-sensus gehad en die administratiewe graafskap 'n bevolking van 1,32 miljoen. Die seremoniële graafskap is die 5de grootste graafskap in die land. Die oppervlakte van die seremoniële graafskap is 3 769 km² en die administratiewe graafskap 3 679 km².
Hampshire grens aan die graafskappe (kloksgewyse van wes) Dorset, Wiltshire, Berkshire, Surrey and Wes-Sussex. Die hoofstad van Hampshire is Winchester.
Volgens die 2001-sensus het die stad 'n bevolking van 1 644 249 gehad. 96,73% van die inwoners was wit mense, gevolg deur 1,34% Asiate en 'n gemengde ras op 0,84%. 73,86% se geloof was die Christendom.
Die administratiewe graafskap van Hampshire het elf distrikte. Volgens die 2011 volkstelling is die bevolking van enkele distrikte tussen 91 000 (Hart) en 176 000 (New Forest).[1] Die graafskapsraad het 78 lede. In Junie 2014 het die Konserwatiewe Party 47 setels, die Liberaaldemokrate 16 setels, UKIP 10 sleutels en die Arbeiders 4 setels gehou.[2]
Polisie dienste word deur die Hampshire Constabulary gelewer. Hierdie polisiemag dien die hele Hampshire, insluitend Southampton, Portsmouth en ook die Eiland Wight. Die brandweerdiens is die Hampshire Fire and Rescue Service en dien die hele Hampshire, insluitend Southampton en Portsmouth, maar nie die Eiland Wight nie.
Besienswaardighede in Hampshire | ||||||||||||||
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.