Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Surrey (uitgespreek /ˈsʌri/) is 'n graafskap in die suidooste van Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap het 'n geskatte bevolking van 1 185 300 in 2017 gehad. Surrey lê in die middel van historiese Engeland en grens aan belangrik en antieke graafskappe soos Kent, Wes-Sussex, Oos-Sussex, Hampshire, Berkshire en Londen. Surrey is self een van die historiese graafskappe en word in geskrewe verwysings aangehaal sedert 836. Alhoewel die Surrey County Council in Kingston upon Thames sit, is die stad self deel van Londen sedert 1965, en dus die graafskapshoofstad (Engels: county town) van Surrey is Guildford.
Surrey | |
---|---|
Vlag Wapen |
Ligging in Engeland |
Seremoniële graafskap Surrey | |
Hoofstad | Kingston upon Thames |
Oppervlakte | 1 663 km² |
Bevolking | 1 185 300 (2017) |
Bevolkingsdigtheid | 712 inw./km² |
Administratiewe (nie-metropolitaanse) graafskap | |
Streek | Surrey |
Administratiewe setel | Kingston upon Thames |
ISO 3166-2: | GB-SRY |
Oppervlakte | 1 663 km² |
Bevolking | 1 185 300 (2017) |
Bevolkingsdigtheid | 712 inw./km² |
Webtuiste | www.surrey.gov.uk Geargiveer 18 Oktober 2011 op Wayback Machine |
Distrikte en Unitêre owerhede | |
Met 'n oppervlakte van sowat 1 663 km²[1] (642 myl²) is Surrey een van die kleiner graafskappe van Engeland en uit van 48 graafskappe is hy die 14de kleinste, maar volgens bevolking is dit een van die grootse graafskappe. Surrey het die hoogste bevolkingsdigtheid van alle plattelandse graafskappe (two-tier authorities).
Voor die Romeinse tyd was die hedendaagse Surrey waarskynlik beset deur die Atrebatesstam.
Tydens die Romeinse inval in Brittanje was die Atrebatesstam geallieerd met die indringers.
Met die stigting van die London County Council in 1889 het Surrey die gebiede wat deesdae as Lambeth en Wandsworth bekend staan, verloor.
Met die stigting van die Greater London Council in 1965 het Surrey die gebiede wat deesdae as Croydon, Kingston-upon-Thames, Merton, Richmond-upon-Thames en Sutton bekend is verloor.
Surrey is 'n gegoede graafskap, met 'n groot diensekonomie, soortgelyk aan Londen. Die graafskap het die hoogste BBP per kapita[2] en hoogste lewenskoste van al die graafskappe van die Verenigde Koninkryk. Verder het Surrey ook die hoogste verhouding van miljoenêrs en een van die hoogste in Europa. Surrey se ligging het gehelp om dit ryk te maak, danksy Londen se nabyheid. Surrey se posisie in die groeiende suidooste van Engeland het ook daartoe bygedra. Die graafskap het ook die hoogste konsentrasie van Waitrosesupermarke in die VK, nog 'n teken van sy rykdom.
Surrey is een van die mees multi-etniese graafskappe van die land, maar omtrent 95 persent van die graafskap is steeds wit mense en die res Suid-Asiate of swart mense.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.