Groot Mere van Afrika
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Groot Mere van Afrika (Engels: African Great Lakes, Swahili: Maziwa Makuu) vorm 'n reeks van mere binne die Groot Skeurvallei in Oos-Afrika. Dit sluit in die Victoriameer, die wêreld se derde grootste varswatermeer volgens oppervlakte, en die Tanganjikameer, die wêreld se tweede grootste meer volgens volume en diepte.[1]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/2c/GreatLakesAfrica.jpg/220px-GreatLakesAfrica.jpg)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/17/African_Great_Lakes.svg/640px-African_Great_Lakes.svg.png)
Albertmeer (Lake Albert)
Edwardmeer (Lake Edward)
Kivumeer (Lake Kivu)
Kyogameer (Lake Kyoga)
Malawimeer (Lake Malawi)
Mwerumeer (Lake Mweru)
Rukwameer (Lake Rukwa)
Tanganjikameer (Lake Tanganyika)
Turkanameer (Lake Turkana)
Victoriameer (Lake Victoria)
Die groot skeurmere van Afrika vorm sedert ou tye die tuis van 'n groot biodiversiteit; 10 persent van die wêreld se visspesies is daar gevind. Die mere Victoria, Tanganjika en Malawi bevat 'n kwart van die aarde se varswatervoorraad.
Lande wat in die Groot Mere-streek (soms ook Groter Mere-streek genoem) geleë is sluit in Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Rwanda, Tanzanië, Uganda en Zambië.[2]