Die Statebondspele of Gemenebesspele (Engels: Commonwealth Games) is 'n sporttoernooi wat al om die vier jaar, twee jaar na elke Olimpiese Somerspele, vir lidlande van die Britse Statebond aangebied word. Ongeveer 4 500 tot 5 000 atlete neem hieraan deel, wat dit na die Olimpiese Somerspele die grootste sportbyeenkoms ter wêreld maak.

Thumb
Kenteken van die Statebondspelevereniging, organiseerder van die Statebondspele
Thumb
Posseël ter herdenking van die Statebondspele van 1958

Alhoewel die Britse Statebond 56 lidlande het, is daar 74 deelnemende spanne by die Statebondspele, omdat 'n aantal Britse oorsese gebiede onder hul eie vlae meeding. Die vier lande van die Verenigde KoninkrykEngeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland – stuur ook aparte spanne.

Net ses lande het aan elke Statebondspele deelgeneem: Australië, Kanada, Engeland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis. Suid-Afrika neem tans, na hulle hertoetrede in 1994, aan hierdie Statebondspele deel. Die volgende Statebondspele sal in 2026 in die Australiese deelstaat Victoria aangebied word.

Geskiedenis

Thumb
Kaart van die boikot tydens die Statebondspele 1986

Die idee vir 'n kompetisie tussen die lande van die Britse Ryk is vir die eerste keer in 1891 deur ds. Astley Cooper voorgestel. Die eerste Britse Rykspele is daarna is 1930 aangebied. Die geleentheid se naam in 1954 na die Britse Ryk en Statebondspele verander. Daarna verander die naam na die Britse Statebondspele in 1970 en na die huidige naam van Statebondspele in 1978.

Nege nasies het die Statebondspele tot dusver aangebied. 19 stede in sewe lande het die geleentheid aangebied. Australië het vyf Statebondspele (1938, 1962, 1982, 2006 en 2018) aangebied. Kanada het vier Statebondspele (1930, 1954, 1978 en 1994) aangebied. Twee stede het die Statebondspele meer as een keer aangebied: Auckland (1950, 1990) en Edinburg (1970, 1986).

Die Statebondspele is twee keer aan Suid-Afrikaanse stede toegeken (1934 aan Johannesburg en 2022 aan Durban), maar albei geleenthede is gekanselleer, in 1934 weens die diskriminasie teen Swart en Asiatiese Atlete deur die Suid-Afrikaanse regering en in 2022 weens die gebreek aan finansiële middels deur die gasheer. Hierdie Statebondspele is aan Londen (1934) en Birmingham (2022) toegewys.

Twee uitgawes van die Statebondspele is deur verskeie lande geboikot. Nigerië het die Statebondspele van 1978 in Edmonton in protes teen Nieu-Seeland se sportkontakte met apartheid-Suid-Afrika geboikot. Uganda het ook nie aan hierdie spele deelgeneem nie in protes teen beweerde Kanadese vyandigheid teen die regering onder Idi Amin. In 1986 het 32 van die 50 kwalifiserende lande die Statebondspele in Edinburg geboikot in protes teen die sportkontakte van die Verenigde Koninkryk onder Margaret Thatcher met apartheid-Suid-Afrika.

Uitslae

Uitslae volgens jare

Meer inligting Uitgawe, Jaar ...
Uitgawe Jaar Gasheer Geopen deur Begin Einde Sporte Gebeure Nasies Deelnemers Beste nasie
Inter-Ryk Kampioenskappe
1911 Vlag van Engeland Londen, Engeland George V 12 Mei 1 Junie 494Onbekend Vlag van Kanada Kanada
Britse Rykspele
I 1930 Vlag van Kanada Hamilton, Kanada Lord Willingdon 16 Augustus 23 Augustus 65911400 Vlag van Engeland Engeland
II 1934 Vlag van Engeland Londen, Engeland[1] 4 Augustus 11 Augustus 66816500 Vlag van Engeland Engeland
III 1938 Vlag van Australië Sydney, Australië Lord Wakehurst 5 Februarie 12 Februarie 77115464 Vlag van Australië Australië
1942 Vlag van Kanada Montreal, Kanada Gekanselleer as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog[2]
1946 Vlag van Wallis Cardiff, Wallis
IV 1950 Vlag van Nieu-Seeland Auckland, Nieu-Seeland Bernard Freyberg 4 Februarie 11 Februarie 98812590 Vlag van Australië Australië
Britse Ryk en Statebondspele
V 1954 Vlag van Kanada Vancouver, Kanada Harold Alexander 30 Julie 7 Augustus 99124662 Vlag van Engeland Engeland
VI 1958 Vlag van Wallis Cardiff, Wallis Philip, Hertog van Edinburg 18 Julie 26 Julie 994361122 Vlag van Engeland Engeland
VII 1962 Vlag van Australië Perth, Australië 22 November 1 Desember 910435863 Vlag van Australië Australië
VIII 1966 Vlag van Jamaika Kingston, Jamaika 4 Augustus 13 Augustus 9110341050 Vlag van Engeland Engeland
Britse Statebondspele
IX 1970 Vlag van Skotland Edinburg, Skotland Philip, Hertog van Edinburg 16 Julie 25 Julie 9121421383 Vlag van Australië Australië
X 1974 Vlag van Nieu-Seeland Christchurch, Nieu-Seeland 24 Januarie 2 Februarie 9121381276 Vlag van Australië Australië
Statebondspele
XI 1978 Vlag van Kanada Edmonton, Kanada Elizabeth II 3 Augustus 12 Augustus 10128461474 Vlag van Kanada Kanada
XII 1982 Vlag van Australië Brisbane, Australië Philip, Hertog van Edinburg 30 September 9 Oktober 10142461583 Vlag van Australië Australië
XIII 1986 Vlag van Skotland Edinburg, Skotland Elizabeth II 24 Julie 2 Augustus 10163261662 Vlag van Engeland Engeland
XIV 1990 Vlag van Nieu-Seeland Auckland, Nieu-Seeland Edward, Graaf van Wessex 24 Januarie 3 Februarie 10204552073 Vlag van Australië Australië
XV 1994 Vlag van Kanada Victoria, Kanada Elizabeth II 18 Augustus 28 Augustus 10217632557 Vlag van Australië Australië
XVI 1998 Vlag van Maleisië Kuala Lumpur, Maleisië Mahathir Mohamad 11 September 21 September 15213703633 Vlag van Australië Australië
XVII 2002 Vlag van Engeland Manchester, Engeland Elizabeth II 25 Julie 4 Augustus 17281723679 Vlag van Australië Australië
XVIII 2006 Vlag van Australië Melbourne, Australië 15 Maart 26 Maart 16245714049 Vlag van Australië Australië
XIX 2010 Vlag van Indië Delhi, Indië Pratibha Patil 3 Oktober 14 Oktober 17272716081 Vlag van Australië Australië
XX 2014 Vlag van Skotland Glasgow, Skotland Elizabeth II 23 Julie 3 Augustus 17261714947 Vlag van Engeland Engeland
XXI 2018 Vlag van Australië Goudkus, Australië Charles, Prins van Wallis 4 April 15 April 19275714426 Vlag van Australië Australië
XXII 2022 Vlag van Engeland Birmingham, Engeland[3] 28 Julie 8 Augustus 20280725054 Vlag van Australië Australië
XXIII 2026 Vlag van Australië Victoria 17 Maart 29 Maart 1675
Sluit

Nota: Die Inter-Ryk Kampioenskappe van 1911 in Londen word as 'n voorloper vir die moderne Statebondspele beskou, maar word gewoonlik nie as 'n amptelike uitgawe van die Spele self beskou nie.[4]

Statebondspele volgens gashere

Thumb
Ligging van die spele en die deelnemende lande:

 Gasheerlande of beplande gasheerlande

 Ander lande, wat by die spele aangesluit het

 Lande, wat by die spele aangesluit en dit weer verlaat het

Gasheerstede met jaar van die spele
Meer inligting No., Land ...
No. Land Vasteland Getal Jaar(e) aangebied
1 Vlag van Australië Australië Oseanië 6 1938, 1962, 1982, 2006, 2018, 2026
2 Vlag van Kanada Kanada Amerikas 4 1930, 1954, 1978, 1994
3 Vlag van Engeland Engeland Europa 4 (1911), 1934, 2002, 2022
4 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Oseanië 3 1950, 1974, 1990
Vlag van Skotland Skotland Europa 3 1970, 1986, 2014
6 Vlag van Indië Indië Asië 1 2010
Vlag van Maleisië Maleisië Asië 1 1998
Vlag van Jamaika Jamaika Amerikas 1 1966
Vlag van Wallis Wallis Europa 1 1958
Sluit

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.