From Wikipedia, the free encyclopedia
Gamma Corvi (afgekort as γ Crv) is ’n dubbelster en die helderste ligpunt in die sterrebeeld Kraai (Corvus), met ’n skynbare magnitude van 2,59.[8] Die stelsel se twee komponente word Gamma Corvi A (amptelik Gienah, wat tradisioneel die naam van die stelsel was)[9][9][10]) en Gamma Corvi B genoem. Hulle is sowat 154 ligjare van die Son af.[2]
Gamma Corvi
| ||||
Gamma Corvi se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Kraai | |||
Spektraaltipe | B8 III[1] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 15m 48.37081s[2] | |||
Deklinasie | -17° 32′ 30.9496″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,585[3] | |||
Absolute magnitude (M) | -0,9[4] | |||
B-V-kleurindeks | -0.111[3] | |||
U-B-kleurindeks | -0,344[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | γ Crv A: 4,2+0,4−0,3[5] γ Crv B: 0,8[6] | |||
Ligsterkte (L☉) | γ Crv A: 331[4] | |||
Ouderdom (jaar) | γ Crv A: 160+40−30 miljoen[5] | |||
Rotasiespoed (km/s) | γ Crv A: 30[7] | |||
Ander name | ||||
4 Corvi, BD–16 3424, FK5 457, HD 106625, HIP 59803, HR 4662, SAO 157176 | ||||
|
"Gamma Corvi" is die stelsel se Bayer-naam. Die tradisionele naam, "Gienah", is afgelei van die Arabiese, الجناح الغراب اليمن al-janāħ al-ghirāb al-yaman, "die regtervlerk van die kraai", hoewel dit op moderne kaarte as die linkervlerk aangedui word.[11] Die ster Epsilon Cygni het ook dié tradisionele naam gehad en Gamma Corvi is "Gienah Corvi" of "Gienah Ghurab" genoem om dit van die ster in die Swaan te onderskei.
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN)[12] besluit om eiename aan individuele sterre te gee eerder as aan stelsels.[13] Die WGSN het op 6 November 2016 die naam "Gienah" toegeken aan die komponent Gamma Corvi A en op 30 Junie 2017 die naam "Aljanah" aan Epsilon Cygni Aa omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het eerder as aan stergroepe.
Gamma Corvi A is ’n reusester met ’n sterreklassifikasie van B8 III.[1][3] Sy massa is sowat 4,2 keer dié van die Son.[5] Dit het ’n blouwit kleur.[14] Sy spektrum toon ’n hoër as normale hoeveelheid kwik en mangaan, wat dit ’n kwik-mangaanster maak.[15] Ook van ander elemente is daar ’n hoër of laer hoeveelheid as normaalweg teenwoordig.[16] Dié chemiese afwyking in ’n andersins stabiele steratmosfeer kan moontlik toegeskryf word aan die skeiding van die elemente deur verstrooiing en swaartekragbesinking.[15]
γ Crv A het ’n bevestigde metgesel met ’n massa van sowat 0,8 keer dié van die Son wat met ’n periode van 158 jaar sowat 50 AE van hom af wentel.[5] Dié ster se sterreklassifikasie is in die omgewing van K5-M5 V.[6]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.