dorp in Noord-Hampshire From Wikipedia, the free encyclopedia
Fleet is 'n dorp in die noorde van die Engelse graafskap Hampshire, sowat 37 myl (60 km) suidwes van Londen geleë. Die nedersetting behels vier administratiewe parogieë of civil parishes: Fleet, Church Crookham, Crookham Village en Elvetham Heath.
Fleet lê op die hoofspoorlyn tussen Londen en Southampton ongeveer 55 km vanaf Waterloo-stasie. Die snelweg M3 is aangrensend aan die noordelike grense van Fleet se beboude gebied. Fleet Pond, 'n meer van 21 ha en sy gepaardgaande natuurreservaat, grens aan die treinstasie en die oostelike grens van die beboude gebied. Die grootste deel van die land ten ooste en suide van die meer is heide- of berkbos met min landbou. Die weermag, wat 'n kaserne by die nabygeleë Aldershot het, gebruik hierdie land as oefeningsterrein. Grond in die weste en suide, waarvan baie in die Hartrivier- en Whitewaterrivier-valleie is, is beter geskik vir landbou. Farnborough se vliegveld lê ongeveer 3 km na die ooste van Fleet.
Fleet het 'n gematigde maritieme klimaat met 'n gemiddelde maksimum van 23 °C gedurende Julie en 'n gemiddelde minimum van 1 °C gedurende Februarie. Die gemiddelde jaarlikse reënval is ongeveer 700 mm.[2][3]
In die Angelsaksiese tyd was Fleet deel van die Crondall-honderd. Fleet self is bekend vir sy meer (Fuglemeer genoem). Oorspronklik is die meer gebruik om vis aan die monnike in Winchester te lewer - in 1324 word die koste verbonde aan die herstel van die " Vivarium and Sluce at Fleate " in die Crondall-rekords aangeteken. Destyds is hoofweg deur Fleet die Reading - Farnham-pad. Selfs teen 1759 toon Isaac Taylor se kaart min ontwikkeling van die stad. Die kanaal het min na Fleet gebring behalwe 'n paar herberge om die kanaalbootvoerders te voorsien.[4]
Tussen 1787 en 1794 is die 60 km Basingstokekanaal tussen die Weyrivier en Basingstoke gebou. Deesdae loop die kanaal dwarsdeur die Fleet/Church Crookham gebied.[5] Die kanaal het nooit 'n wins gemaak nie maar dit was vir die bou van die spoorlyn tussen Woking en Basingstoke nuttig, maar nadat die spoorlyn voltooi is, neem die spoorlyn die meeste van die kanaalsbesigheid geneem. Die spoorlyn deur Fleet is in 1838 voltooi, maar die stasie by Fleet, langaan FleetPond is in 1847 geopen. Oorsponklik kry die stasie die naam Fleet Pond.[4]
In die Victoriaanse tydperk was Fleet nog 'n betreklik klein dorpie voordat in die jare voor die Tweede Wêreldoorlog grootskaalse eiendomsontwikkelinge in die gebied plaasgevind het wat tot in die 1960's en 1970's voortgeduur het. Die nabyheid van Londen, wat maklik per trein bereik kan word, het Fleet aantreklik gemaak vir pendelaars wat hulle hier in groter getalle kom vestig het. Toe nuwe behuising in Elvetham Heath ontstaan het, is Fleet met die M3-snelweg verbind.[6]
Besienswaardighede in Fleet | |||||||||
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.