![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/8/88/Luftwaffe_Museum_Fiat_G91_2007.jpg/640px-Luftwaffe_Museum_Fiat_G91_2007.jpg&w=640&q=50)
Fiat G.91-vegvliegtuig
Italiaanse straalvegvliegtuig / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Fiat G.91 was 'n Italiaanse straalvegvliegtuig. Sy ontwerp was die wenner van die NAVO NBMR-1 kompetisie in 1953 vir 'n ligte vegter as standaardtoerusting vir geallieerde lugmagte. Dit het operasionele diens in die Italiaanse Lugmag begin in 1961, die Wes-Duitse Luftwaffe in 1962, en later in die Portugese Lugmag.
Kitsfeite
Fiat G.91 | |
---|---|
'n Fiat G.91 by die Luftwaffe-museum in Gatow | |
Tipe | Vegvliegtuig/bomwerper |
Vervaardiger | Fiat Aviazione Aeritalia |
Nooiensvlug | 9 Augustus 1956 |
Vrygestel | 1958 |
Onttrek | 1995 |
Status | Onttrek, in museums |
Hoofgebruikers | Italiaanse Lugmag Wes-Duitse Luftwaffe Portugese Lugmag |
Aantal gebou | ongeveer 756 |
Sluit
Die Fiat G.91 was vir 19 jaar in produksie en 756 vliegtuie is voltooi, insluitend die prototipes en pre-produksie modelle. Die monteerlyne is finaal gesluit in 1977. Die Fiat G.91 het 'n lang dienslewe van meer as 35 jaar geniet. Dit was wyd gebruik deur Portugal in die Portugese koloniale oorlog in Afrika. 'n Tweeling-enjinvariant is bekend as die Fiat/Aeritalia G.91Y.