![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d2/Princess_Fawzia_Fuad_of_Egypt_by_Armand.jpg/640px-Princess_Fawzia_Fuad_of_Egypt_by_Armand.jpg&w=640&q=50)
Fawzia Foead van Egipte
From Wikipedia, the free encyclopedia
Fawzia Foead van Egipte (Arabies: الأميرة فوزية فؤاد; Persies: شاهدخت فوزیه فؤاد; ook bekend as Moeloek Fawzia van Iran en Fawzia Chirine, was 'n Egiptiese prinses wat koningin van Iran geword het as die eerste vrou van sjah Mohammed Reza Pahlevi.
Fawzia Foead | |
---|---|
Koningingemalin van Iran | |
![]() Koningin Fawzia in die 1940's. | |
Gade | Sjah Mohammed Reza Pahlevi (1941-1948) Ismail Chirine (1949-1994) |
Irannese koningin | 16 September 1941 - 17 November 1948 |
Vader | Foead I van Egipte |
Moeder | Nazli Sabri |
Gebore | (1921-11-05)5 November 1921 Alexandrië, Sultanaat Egipte |
Kinders | 3 |
Vorstehuis | Dinastie van Mohammed Ali (volgens geboorte) Pahlavi-dinastie (volgens huwelik) |
Godsdiens | Islam |
Fawzia was die dogter van Foead I van Egipte.[1][2] Haar huwelik met die Irannese kroonprins in 1939 was 'n politieke ooreenkoms:[3][4] Dit het die Egiptiese mag en invloed in die Midde-Ooste gekonsolideer en terselfdertyd eerbiedwaardigheid verleen aan die nuwe Irannese regime deur 'n verbintenis met die veel prestigeryker Egiptiese koningshuis. Dit was nooit 'n liefdesverbintenis nie en Fawzia het in 1945 'n Egiptiese egskeidingsbevel gekry (wat eers in 1948 in Iran erken is), waarvolgens hulle dogter, prinses Shahnaz, in Iran sou grootword.
In 1949 is Fawzia getroud met kolonel Ismail Chirine, 'n Egiptiese diplomaat, by wie sy 'n seun en dogter gehad het.