From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Efendi of effendi[1] (Turks: efendi, van die Griekse αφέντης, aphentēs) is oorspronklik 'n adellike titel wat "heer" of "meester" beteken het, veral in die Ottomaanse Ryk en die Kaukasus. Die titel kom aanvanklik uit die antieke Griekse authentēs, wat "heer" beteken.[2]
Later het die titel eerder iets soos "meneer" beteken. Dit is gewoonlik ná 'n persoon se titel gebruik en is gewoonlik gegee aan geleerdes en regeringsamptenare met hoë range, soos bei of pasja. Dit kon ook op 'n spesifieke beroep dui, soos hekim efendi, die sultan se hoofgeneesheer. Die besitlike vorm, efendim ("my meester") is deur diensknegte gebruik, in formele gesprekke en wanneer die telefoon beantwoord is.
In haar werk van 1904, Turkish Life in Town and Country, skryf Lucy Mary Jane Garnett die titel is soortgelyk aan die Engelse "esquire" in Brittanje. Dit is ook vir vroue gebruik.[3] Turkye het die titel omstreeks die 1930's afgeskaf.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.