klein sferiese saad of die saadpeul van die peulvrug Pisum sativum From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Ertjie verwys gewoonlik na die klein sferiese saad of die saadpeul van die peulvrug Pisum sativum. Elke peul bevat verskeie ertjies, wat groen of geel kan wees. Botanies gesien, is ertjiepeule vrugte, [2] aangesien dit sade bevat en ontwikkel uit die ovarium van 'n (ertjie) blom. Die naam word ook gebruik om ander eetbare sade van Fabaceae, ook bekend as Leguminosae, die peuldraende familie wat hoort tot die orde Fabales, te beskryf, soos bv. Cajanus cajan, Vigna unguiculata en die sade van verskillende soorte Lathyrus.
Ertjie | |
---|---|
Ertjies omsluit deur 'n saadpeul. | |
Ertjieplant: Pisum sativum | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Pisum |
Spesie: | P. sativum |
Binomiale naam | |
Pisum sativum | |
Sinonieme[1] | |
|
P. sativum is 'n eenjarige plant met 'n lewensiklus van een jaar. Die gewas groei in die koel seisoen en word in verskeie wêrelddele verbou. Dit kan vanaf die winter tot die vroeë somer geplant word, afhangende van die ligging. Die gemiddelde ertjie weeg tussen 0,1 en 0,36 gram. [3] Onvolwasse ertjies word as groente (vars, bevrore of in 'n blik) verbruik; variëteite van die spesies wat gewoonlik veld-ertjies genoem word, word gekweek om droë ertjies te produseer, soos die gesplete ertjie (in Engels "split pea") wat uit 'n volwasse peul gedop word. Dit vorm die basis van ertjiesop, wat tydens die Middeleeue 'n stapelvoedselsoort was; in Europa het die verbruik van vars, onvolwasse groen ertjies 'n vernuwing in die vroeë moderne kookkuns daargestel.
Die wilde ertjie is beperk tot die Mediterreense gebied en die Midde-Ooste. Die vroegste argeologiese vondste van ertjies dateer uit die Laat-Neolitiese era in die teenswoordige Griekeland, Sirië, Turkye en Jordanië. In Egipte in die Nyldelta-gebied dateer vroeë vondste uit c. 4800–4400 v.C. en vanaf c. 3800–3600 v.C. in Bo-Egipte. Die ertjie was ook teenwoordig in Georgië in die 5de millennium v.C. Verder oos is die vondste jonger. Ertjies was in Afghanistan teenwoordig teen c. 2000 v.C; en in die Harappan-beskawing rondom die hedendaagse Pakistan en westelike en noordwestelike Indië teen 2250–1750 v.C. In die tweede helfte van die 2de millennium v.C. verskyn hierdie peulgewas in die Ganges-kom en suidelike Indië. [4]
'n Ertjie is 'n gewoonlik groen en soms goudgeel,[5] of minder dikwels pers[6] peulvormige groentesoort wat wêreldwyd gedurende die koeler seisoene verbou word. Die sade kan geplant word sodra die grond temperature bereik van 10 °C (50 °F). Die plante groei die beste by temperature van 13 to 18 °C (55 to 64 °F). Die plante is nie geskik vir die hitte van somer of warmer gematigde tropiese klimate nie, maar groei goed in koeler, hoogliggende, tropiese gebiede. Verskeie kultivars bereik volwassenheid binne 60 dae nadat dit geplant is.[7]
Ertjies beskik oor beide laag-groeiende- en rank-kultivars. Die rank-kultivars beskik oor dun rankers wat rondom enige beskikbare struktuur wat steun bied krul, en kan tot so hoog as 1 tot 2 meters rank. 'n Tradisionele benadering tot die ondersteuning van rankertjies is om takke wat van bome of ander houtagtige plante gesnoei is regop in die grond te druk, wat 'n stut bied vir die ertjies. Metaalheinings, tou, of nette wat deur 'n raam ondersteun word, word vir dieselfde doel gebruik. In digte aanplantings verleen ertjies 'n mate van wedersydse ondersteuning aan mekaar. Selfbestuiwing kom ook by ertjies voor.[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.