![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/af/Elize_Cawood_%2528cropped%2529.jpg/640px-Elize_Cawood_%2528cropped%2529.jpg&w=640&q=50)
Elize Cawood
Suid-Afrikaanse aktrise / From Wikipedia, the free encyclopedia
Elize Cawood (28 Junie 1952 – 18 Julie 2020)[1] was ’n Suid-Afrikaanse aktrise. Haar bekendste TV-rol is waarskynlik dié van Pop in Verspeelde lente (1984) en op die silwerdoek teenoor Marius Weyers en Peter Sepuma as die ryk Afrikaanse vrou in Taxi to Soweto. Sy was ook te sien in flieks soos Die wonderwerker (2012) en Lien se lankstaanskoene (2012).[2]
Kitsfeite Geboorte, Sterfte ...
Elize Cawood | |
![]() | |
Cawood geskets in haar jonger jare | |
Geboorte | 28 Junie 1952 Bloemfontein |
---|---|
Sterfte | 18 Julie 2020 (op 68) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sluit
Cawood het talle pryse vir haar rolle ingepalm, onder andere Beste Aktrise in 'n dramareeks in 1984 en 1985, Beste Vroulike Byspeler in die Vita-, Dalro-, Scenaria- en Artes-toekennings, asook Beste Aktrise in die sepie Villa Rosa in 2007.[3]