Marius Weyers
Suid-Afrikaanse akteur / From Wikipedia, the free encyclopedia
Marius Weyers (gebore op 3 Februarie 1945 in Johannesburg) is ’n Suid-Afrikaanse akteur.[1][2] Hy het saam met sy vrou, Yvette, op Rooi-Els, Wes-Kaap, gewoon waar sy op 11 Julie 2023 oorlede is nadat alzheimersiekte in 2019 by haar gediagnoseer is. Hy het internasionaal bekend geraak as Andrew Steyn in die rolprent The Gods Must Be Crazy (1980).[3] Hy het 'n toekenning as beste akteur vir sy rol in Paljas ontvang.
Kitsfeite Geboorte, Nasionaliteit ...
Marius Weyers | |
Geboorte | 3 Februarie 1945 (1945-02-03) (79 jaar oud) Johannesburg |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Toekennings | Beste akteur vir Paljas |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sluit
In 1981 ontvang Weyers die Erepenning vir Verhoogkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In 2021 word Weyers weer deur die Akademie vereer met die Besondere Erepenning van die SA Akademie vir sy besondere bydrae tot rolprent- en TV-kuns.[4]