soort takbok From Wikipedia, the free encyclopedia
Die edelhert (Cervus elaphus) is een van die grootste spesies Hertagtiges. Dit kom in Europa, die Kaukasus, Klein-Asië, Iran, dele van Wes-Asië en Sentraal-Asië voor en is die enigste takbokspesie wat ook in Afrika voorkom: in die Atlasgebergte tussen Marokko en Tunisië. Die edelhert is na ander streke ingevoer, soos Australië, Nieu-Seeland, Peru, Uruguay, Chili en Argentinië.[1][2]
Edelhert | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
’n Edelhertram (bo) en -ooi (onder). | ||||||||||||||||
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Cervus elaphus (Linnaeus, 1758) | ||||||||||||||||
Voormalige (liggroen) en hedendaagse (donkergroen) verspreiding. | ||||||||||||||||
Subspesies | ||||||||||||||||
Sien teks. | ||||||||||||||||
Edelherte is herkouers met vier maagkamers en ewehoewiges met ’n ewe getal tone aan elke poot. Volgens genetiese studies is die dier eintlik ’n spesiegroep pleks van ’n enkele spesie, hoewel betwis word hoeveel spesies die groep insluit.[3][4] Die naby verwante maar effens groter Amerikaanse elk of wapiti van Noord-Amerika en Asië is eers as ’n subspesie van die edelhert beskou, maar vorm nou ’n afsonderlike spesie. Die moontlike voorvader van alle edelherte, insluitende die wapiti, het in Sentraal-Asië ontstaan.[5]
Hoewel edelherte in ’n stadium skaars was in dele van Europa, was hulle nooit naby uitsterwing nie. Bewaringspogings, veral in Brittanje, het gelei tot ’n toename in getalle, terwyl getalle steeds in streke soos Noord-Afrika afneem.
Die edelhert is die grootste takbokspesie naas die Amerikaanse eland, Amerikaanse elk en sambar-takbok. Hulle het ’n relatief lang stert in vergelyking met ander spesies. Subtiele verskille in voorkoms bestaan tussen die verskillende subspesies, veral wat die grootte van die gewei (horings) betref. Die Korsika-edelhert het die kleinste en die Kaspiese edelhert die grootste gewei.[6]
Die ramme is gemiddeld 175 tot 250 cm lank en weeg 160 tot 240 kg; ooie is gemiddeld 160 tot 210 cm lank en weeg 120 tot 170 kg. Die stert voeg nog 12 tot 19 cm by die lengte en die skouerhoogte is 95 tot 130 cm.[7]
Europese edelherte se pelskleur neig na rooibruin in die somer. Die ramme van baie spesies groei ook maanhare in die herfs wanneer die diere se pels begin dikker word vir die winter. Net die ramme het gewei, wat in die lente begin groei en gewoonlik aan die einde van die winter afgegooi word. Europese edelherte se gewei is taamlik reguit, met die vierde en vyfde punt wat ’n soort kroon vorm by groter ramme. Testosteroon moedig die groei van die gewei aan en in die herfs, wanneer die ramme se testeroonvlakke afneem, word die fluweelagtige bolaag afgegooi en die gewei hou op groei.[8]
Die volgende subspesies word erken:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.