sterrestelsel From Wikipedia, the free encyclopedia
Dwingeloo 2 is 'n klein onreëlmatige sterrestelsel wat in 1996 ontdek is en sowat 10 miljoen ligjarevan die Melkweg af lê in die sterrebeeld Kassiopeia. Dit lê in die Sone van Ondeursigtigheid en is by radiogolflengtes ontdek. Dit is 'n metgeselstelsel van Dwingeloo 1.[3]
Dwingeloo 2 | ||||
Soort stelsel | Onreëlmatige sterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Kassiopeia | |||
Tipe | IAm | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 02h 54m 08.47s[1] | |||
Deklinasie | +59° 00′ 19.1″[1] | |||
Skynmagnitude | 16,21 (V-band)[2] | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 10 miljoen | |||
|
Dwingeloo 2 is die eerste keer waargeneem danksy sy emissielyn van neutrale atomiese waterstof (bekend as HI) tydens opvolgwaarnemings ná die ontdekking van Dwingeloo 1.[3] Dit lê vermoedelik in die IC 342/Maffei-groep, naburig aan die Plaaslike Groep sterrestelsels.[4]
Die onreëlmatige struktuur van Dwingeloo 2 hou waarskynlik verband met wisselwerkings tussen hom en die veel groter nabygeleë stelsel Dwingeloo 2. Hulle is net sowat 78 000 ligjare van mekaar af.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.