From Wikipedia, the free encyclopedia
Dromaeosauridae was ’n familie voëlagtige teropode-dinosourusse. Hulle was klein tot mediumgrootte geveerde karnivore wat floreer het tydens die Kryt-periode. Die naam beteken "hardlopende akkedisse", van die Griekse δρομευς dromeus ("hardloper") en σαυρος sauros ("akkedis"). Hulle word dikwels informeel raptors genoem[1] (na aanleiding van Velociraptor), ’n term wat gewild gemaak is in die rolprent Jurassic Park; ’n paar soorte het "raptor" in hul naam en dit beklemtoon hul sogenaamde voëlagtige gewoontes.
Dromaeosauridae | |
---|---|
Groot: Deinonychus antirrhopus. Klein: Buitreraptor gonzalezorum. (Field Museum of Natural History). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | Dromaeosauridae (Matthew & Brown, 1922) |
Subgroepe | |
|
Dromaeosauridae | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Fossiele is in Noord-Amerika, Europa, Afrika, Japan, China, Mongolië, Madagaskar, Argentinië en Antarktika ontdek.[2] Hulle het in die laat Batonium-tydsnede van die Middel-Jura sowat 164 miljoen jaar gelede hul verskyning gemaak en oorleef tot aan die einde van die Maastricht-tydsnede van die Kryt sowat 66 miljoen jaar gelede – hulle het dus langer as 100 miljoen jaar bestaan voordat hulle in die Kryt-Paleogeen-uitwissing uitgesterf het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.