![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/9/91/Capricornus_constellation_map.svg/langaf-640px-Capricornus_constellation_map.svg.png&w=640&q=50)
Delta Capricorni
From Wikipedia, the free encyclopedia
Delta Capricorni (afgekort as δ Cap) is ’n veelvoudige ster in die sterrebeeld Steenbok (Capricornus) wat sowat 39 ligjare van die Son af is. Die primêre ster in die stelsel is ’n witreus en die gesamentlike lig van hom en sy metgeselle maak dit die helderste ligbron in die sterrebeeld.
Kitsfeite
Delta Capricorni
| ||||
![]() | ||||
Die ligging van Delta Capricorni (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Steenbok | |||
Spektraaltipe | A7m III[1] (kA5hF0mF2III)[2] | |||
Soort | Veelvoudige ster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 47m 02.44424s[3] | |||
Deklinasie | -16° 07′ 38.2335″[3] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,81[1] (2,81-3,05)[4] | |||
Absolute magnitude (M) | 2,48[5] | |||
B-V-kleurindeks | +0,31[6] | |||
U-B-kleurindeks | +0,07[6] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | δ Cap A: 2[7] δ Cap B: 0,73[7] | |||
Radius (R☉) | δ Cap A: 1,91[7] δ Cap B: 0,9[7] | |||
Ligsterkte (L☉) | δ Cap A: 8,5[5] | |||
Temperatuur (K) | δ Cap A: 7 301[8] δ Cap B: 4 500[7] | |||
Rotasiespoed (km/s) | δ Cap A: 105[9] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | δ Cap A: -0,13[8] | |||
Eienskappe | ||||
Veelvoudigheid | 4 | |||
Ander name | ||||
Deneb Algedi, Scheddi, δ Cap, 49 Capricorni, ADS 15314, BD−16 5943, FK5 819, GCTP 5258.00, GJ 837, HD 207098, HIP 107556, HR 8322, SAO 164644, WDS 21470-1608 | ||||
|
Sluit
Die stelsel bestaan uit ’n dubbelster,[10] Delta Capricorni A, en twee metgeselle, B en C.[11] A se twee sterre word Delta Capricorni Aa (amptelik Deneb Algedi, die tradisionele naam van die stelsel)[12][13] en Ab genoem.
Omdat dit naby aan die sonnebaan is, kan Delta Capricorni deur die Maan verduister word, en selde ook deur planete.