From Wikipedia, the free encyclopedia
Delta Capricorni (afgekort as δ Cap) is ’n veelvoudige ster in die sterrebeeld Steenbok (Capricornus) wat sowat 39 ligjare van die Son af is. Die primêre ster in die stelsel is ’n witreus en die gesamentlike lig van hom en sy metgeselle maak dit die helderste ligbron in die sterrebeeld.
Delta Capricorni
| ||||
Die ligging van Delta Capricorni (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Steenbok | |||
Spektraaltipe | A7m III[1] (kA5hF0mF2III)[2] | |||
Soort | Veelvoudige ster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 21h 47m 02.44424s[3] | |||
Deklinasie | -16° 07′ 38.2335″[3] | |||
Skynmagnitude (m) | 2,81[1] (2,81-3,05)[4] | |||
Absolute magnitude (M) | 2,48[5] | |||
B-V-kleurindeks | +0,31[6] | |||
U-B-kleurindeks | +0,07[6] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | δ Cap A: 2[7] δ Cap B: 0,73[7] | |||
Radius (R☉) | δ Cap A: 1,91[7] δ Cap B: 0,9[7] | |||
Ligsterkte (L☉) | δ Cap A: 8,5[5] | |||
Temperatuur (K) | δ Cap A: 7 301[8] δ Cap B: 4 500[7] | |||
Rotasiespoed (km/s) | δ Cap A: 105[9] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | δ Cap A: -0,13[8] | |||
Eienskappe | ||||
Veelvoudigheid | 4 | |||
Ander name | ||||
Deneb Algedi, Scheddi, δ Cap, 49 Capricorni, ADS 15314, BD−16 5943, FK5 819, GCTP 5258.00, GJ 837, HD 207098, HIP 107556, HR 8322, SAO 164644, WDS 21470-1608 | ||||
|
Die stelsel bestaan uit ’n dubbelster,[10] Delta Capricorni A, en twee metgeselle, B en C.[11] A se twee sterre word Delta Capricorni Aa (amptelik Deneb Algedi, die tradisionele naam van die stelsel)[12][13] en Ab genoem.
Omdat dit naby aan die sonnebaan is, kan Delta Capricorni deur die Maan verduister word, en selde ook deur planete.
"δ Capricorni" is die stelsel se Bayer-naam. Die onderskeie drie sterre se name is Delta Capricorni A, B en C, en die name van A se komponente is Delta Capricorni Aa en Ab.[14]
Die stelsel het die tradisionele name "Deneb Algedi", wat afgelei is van die Arabiese ذنب الجدي (ðanab al-jady), wat "die bok se stert" beteken, en "Scheddi".[15][16]
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Deneb Algedi" vir die ster Delta Capricorni Aa goedgekeur[17] omdat hulle eiename aan individuele sterre toegeken het eerder as aan stergroepe.
Delta Capricorni A is ’n dubbelster met ’n wentelperiode van 1,022768 dae en ’n baanhelling naby aan die gesigslyn van die Aarde af.[10] Die hoogste skynbare magnitude van die dubbelster is 2,81. Tydens ’n eklips van die primêre ster kan die magnitude daal tot 0,24. Wanneer die sekondêre ster ’n eklips ondergaan, neem die magnitude met 0,09 af.[1]
Die primêre ster se massa en radius is sowat dubbel dié van die Son.[7] Dit roteer vinnig teen sowat 105 km/s-1.[9] Die oppervlaktemperatuur is 7 301 K,[8] wat dit die wit skynsel van ’n A-tipe ster gee.[18] Die sekondêre komponent is ’n G-tipe of K-tipe ster met ’n massa van sowat 90% van dié van die Son.[7]
Daar is twee optiese metgeselle. ’n Ster van magnitude 15 is een boogminuut van die primêre ster af en een van magnitude 13 is meer as twee boogminute van hom af, en dié afstand is aan die toeneem.[19]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.