De Aar
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
De Aar is die derde grootste nedersetting in die provinsie Noord-Kaap, in die suidweste van Suid-Afrika, met 'n bevolking van omtrent 42,000 mense.[1] Die dorp is 50 km oos van Britstown. Die ontwikkeling van De Aar gaan hand-aan-hand met die groei van die spoorweë en stoomtreine. Spoorlyne van die Wes- en Oos-Kaap, Gauteng, Zimbabwe en Namibië kom hier bymekaar. Die N10 nasionale pad gaan deur De Aar.
De Aar | |
---|---|
SAR Klas 8FW no. 1236 staangemaak in De Aar | |
Koördinate: 30°39′S 24°01′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Pixley ka Seme |
Munisipaliteit | Emthanjeni |
Stigting | 1903 |
Oppervlak | |
• Totaal | 85,5 km2 (33,0 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 29 990 |
• Digtheid | 351/km2 (910/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 8.3% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 57.3% |
• Swart mense | 33.2% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 69.3% |
• Xhosa | 24.7% |
• Engels | 2.6% |
• Ander | 3.3% |
Poskode (strate) | 7000 |
Poskode (posbusse) | 7000 |
Skakelkode | 053 |
Webwerf | De Aar |
Die eerste plase in De Aar is reeds gedurende 1837 opgemeet. Een van die plase is De Aar genoem omrede dit 'n sterk ondergrondse wateraar gehad het. In 1899 het twee broers wat 'n handelswinkel en hotel gehad het by die kruising, Isaac en Wulf Friedlander, die plaas van De Aar gekoop. Ná die Anglo-Boereoorlog het die Friedlander-broers die land ondersoek vir die vestiging van 'n dorp. Die munisipaliteit is 'n jaar later geskep en in 1907 is Dr. Harry Baker, die eerste burgemeester van die dorp, verkies.
Die spoorlyn het De Aar gedurende 1881 bereik. Die Kaapse Regeringspoorweë het die plaas De Aar gekoop om die rangeerwerf en stasiegebou te huisves.[2] Dit is die tweede belangrikste spoorwegkruising in die land, geleë tussen Kaapstad en Kimberley. Die aansluiting was van besondere strategiese belang vir die Britte tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Die dorp - wat eers Brounger-aansluiting geheet het - het uit die stasie ontwikkel.
Die elektrifisering van die spoorlyne tussen Kaapstad en Johannesburg het beteken dat stoomtreine uitgefaseer word en het De Aar se agteruitgang bewerkstellig.
Die distrik is 3 300 km2 groot en is bekend vir merino- en saalperdstoeterye.
Wikimedia Commons bevat media in verband met De Aar. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.