From Wikipedia, the free encyclopedia
Die budjie (Melopsittacus undulatus) is ’n klein, saadvretende papegaai met ’n lang stert. Hulle is die enigste spesie in die Australiese genus Melopsittacus en word in die droër dele van Australië in die natuur aangetref. Hier het hulle die laaste vyf miljoen jaar strawwe binnelandse toestande oorleef.[2]
Budjie | |
---|---|
’n Blou wasvlies aan die snawel dui op ’n mannetjie. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Melopsittacus (Shaw, 1805) |
Spesie: | M. undulatus |
Binomiale naam | |
Melopsittacus undulatus (Shaw, 1805) | |
Verspreidingsgebied in rooi. |
Budjies is in die natuur groen en geel met swart merke aan die nek, agternek en vlerke, maar in aanhouding is hulle geteël in skakerings van blou, wit, geel, grys en selfs met klein kamme. Budjies is gewilde voëls om aan te hou omdat hulle so klein is en vanweë die lae koste en hul vermoë om menslike spraak na te maak. Die spesie is die eerste keer in 1805 aangeteken en is vandag die derde gewildste troeteldier in die wêreld, naas honde en katte.[3]
Die budjies is naby verwant aan die loerie en vypappegaai.[4][5]
Budjies in die natuur is gemiddeld 18 cm lank en weeg 30-40 g. Die vlerkspan is sowat 30 cm. Hulle het klein blouviolet wangkolle en drie klein swart kolle aan elke kant van die keel. Die stert is kobaltkleurig (donkerblou) en hul vlerke het groenswart vliegvere. Die snawels is olyfgrys en die bene blougrys.[6]
Die bokant van die snawel is baie langer as die onderkant en bedek dit. Die snawel staan nie baie uit nie vanweë die dik, donserige vere wat dit omring en dit wek die indruk dat die snawel afbuig en plat teen die gesig lê. Hul snawels stel hulle in staat om plante, vrugte en groente te eet. Die kleur van die wasvlies op die snawel verskil tussen geslagte: Die mannetjies s’n is blou en die wyfies s’n vaalbruin tot wit (buite die broeiseisoen) of bruin (in die broeiseisoen).
Budjies is nomadiese voëls wat in oop habitats voorkom, veral in die struik-, oop woud- en graslande van Australië. Hulle kom gewoonlik in klein groepe voor, maar soms onder gunstige omstandighede in groot swerms. Hulle trek na waar kos en water beskikbaar is.[6] Droogtes kan swerms na woude of kusstreke laat uitwyk. Hulle vreet sade, gras en soms koring.[6][7]
Wilde budjies word sedert die 1940's in St. Petersburg in Florida, Amerika, aangetref. Hulle is egter nou skaarser as in die vroeë 1980's. Toenemende mededinging met Europese spreeus en huismossies is vermoedelik die rede vir die afnemende getalle.[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.