From Wikipedia, the free encyclopedia
Boor-11 115B is 'n stabiele isotoop van boor. Dit is die isotoop wat mees volop is.
Algemeen | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam | Boor-11 | |||||||||||||||
Protone | 5 | |||||||||||||||
Neutrone | 6 | |||||||||||||||
Kernspin | 3 | |||||||||||||||
Status | ||||||||||||||||
Status | stabiel | |||||||||||||||
Relatiewe voorkoms | 80,1% | |||||||||||||||
Neutrondiffraksie | ||||||||||||||||
koh. lengte | 6,65 fm | |||||||||||||||
inkoh. lengte | -1,3 fm | |||||||||||||||
koh. deursnee | 5,56 barn | |||||||||||||||
inkoh. deursnee | 0,21 barn | |||||||||||||||
absorpsiedeurnee[1] | 0,0055 barn | |||||||||||||||
Navigasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Lys van isotope | ||||||||||||||||
Portaal Chemie | ||||||||||||||||
Portaal Fisika |
Hierdie nuklied is vir neutrondiffraksie geskik, maar die aanwesigheid van 105B, wat sterk neutrone absorbeer maak dit onmoontlik om die element in sy natuurlike samestelling aan hierdie tegniek te onderwerp. Monsters moet met boor-11 verryk word om dit moontlik te maak en dit is duur.
Albei die stabiele kerne van boor kan vir resonansie gebruik word, maar hulle besit albei 'n kwadrupool. Boor-11 is die beste KMR-kern omdat die kwadrupool kleiner is en die gevoeligehid groter. Die gevoeligheid by natuurlike isotoopsamestelling is 0,165 ten opsigte van proton-KMR en die bereik van die chemiese verskuiwings ongeveer 210 dpm. Die resonansiefrekwensie is 32,083974% van die proton s'n.[2]
'n Probleem is dat die KMR-buisies wat gewoonlik vir die tegniek gebruik word boor bevat en dit lewer 'n breë agtergrondpiek. Kwartsbuisies is beter maar ook duur.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.