Boksburg is 'n stad aan die Oos-Rand van Gauteng, Suid-Afrika. Dit is in 1887 uitgelê om die omliggende goudmyne te bedien, en is die tweede oudste stad aan die Witwatersrand. Dit is genoem na die staatsekretaris van die Zuid-Afrikaansche Republiek, Willem Bok. Hoofrifweg het Boksburg verbind aan al die ander hoofmyndorpe aan die Witwatersrand en die Angelo Hotel (1887) het gedien as 'n skofpos.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Boksburg
Thumb
Uitsig oor Boksburg
Thumb
Boksburg
Boksburg
 Boksburg se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°12′45″S 28°15′45″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitEkurhuleni
Stigting1887[1]
Oppervlak
  Totaal162,35 km2 (62,68 vk. myl)
Hoogte
1 694 m (5 558 ft)
Bevolking
 (2011)[2]
  Totaal260 321
  Digtheid1 603/km2 (4 150/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense28.4%
  Indiërs/Asiërs2.5%
  Bruin mense11.6%
  Swart mense56.7%
  Ander0.8%
Taal (2011)
  Afrikaans 28.5%
  Engels 18.6%
  Zoeloe 14.8%
  Noord-Sotho 9.1%
  Ander 29.0%
Poskode (strate)
1459
Poskode (posbusse)
1460
Skakelkode011
Sluit

Die mynkommissaris, Montague White, het 'n groot dam laat bou wat "White's Folly" gedoop is omdat dit vir jare lank leeg was. Na 'n oorstroming was die spotdrywers stil. Hierdie 150 000-vierkante meter dam is nou die Boksburgmeer wat omring word deur groot grasperke, bome en terrasse. 'n Spoorlyn is gebou om Boksburg met Johannesburg te verbind in 1890.

Boksburg vorm 'n deel van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit, wat die groter Oos-Rand insluit.

Thumb
'n Fontein en welkomteken na Boksburg reg voor die East Rand Mall
Thumb
Naas Kempton Park met drie is Boksburg die enigste Oos-Randse stad wat nog twee Gereformeerde kerke het, Boksburg-gemeente (foto) en Boksburg-Suid.

Demografie

Volgens die 2011-sensus het Boksburg 260 321 inwoners gehad, dus die 16de meesbewoonde gebied in Suid-Afrika, waarvan 147 623 (56,7%) Swartes en 73 887 (28,4%) Blankes was. Afrikaans (28,5%) en Engels (18,6%) is die grootse huistale[2]

Skole

  • Hoërskool Oosterlig
  • Hoërskool Dr. E.G. Jansen
  • Hoërskool Voortrekker
  • Boksburg High School
  • St. Dominic's Convent

Verwysings

Sien ook

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.