Beta Pictoris
From Wikipedia, the free encyclopedia
Beta Pictoris (afgekort as β Pictoris of β Pic) is die tweede helderste ster in die sterrebeeld Skilder. Dit is sowat 63,4 ligjare van die Sonnestelsel af geleë en is 1,75 keer so swaar en 8,7 keer so helder as die Son. Die Beta Pictoris-stelsel is baie jonk, net 20 tot 26 miljoen jaar oud,[5] hoewel dit reeds in die hoofreeksfase van sy evolusie is.[3] Beta Pictoris is die titellid van die Beta Pictoris- bewegende groep sterre, 'n assosiasie van jong sterre wat ewe oud is en en saam deur die ruimte beweeg.[9]
β Pictoris
| ||||
Die posisie van Beta Pictoris in die sterrebeeld Skilder (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Skilder | |||
Spektraaltipe | A6V | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 47m 17.1s[1] | |||
Deklinasie | -51° 03′ 59″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,861[1] | |||
B-V-kleurindeks | 0,17[2] | |||
U-B-kleurindeks | 0,10[2] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,75[3] | |||
Radius (R☉) | 1,8[4] | |||
Ouderdom (jaar) | 23±3 miljoen[5] | |||
Temperatuur (K) | 8 052[6] | |||
Afstand (ligjaar) | 63,4 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | +0,14[7] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Delta Scuti-veranderlike[8] | |||
Planete | 2 (b en c) | |||
Ander name | ||||
GJ 219, HR 2020, CD -51°1620, HD 39060, GCTP 1339.00, SAO 234134, HIP 27321 | ||||
|
Die Europese Suidelike Sterrewag (ESO) het die teenwoordigheid van twee planete, Beta Pictoris b[10] en Beta Pictoris c,[11] bevestig deur die gebruik van regstreekse waarneming. Albei beweeg in die vlak van die puinskyf om die ster. Beta Pictoris c is tans die naaste eksoplaneet aan sy ster wat ooit afgeneem is: Die waargenome afstand is rofweg dié tussen die Son en die Asteroïedgordel.[11]
Beta Pictoris toon 'n oormaat infrarooi emissie[12] in vergelyking met normale sterre van sy soort. Dit word veroorsaak deur groot hoeveelhede stof en gas (insluitende koolstofmonoksied)[13][14] naby die ster. Waarnemings het 'n groot skyf stof en gas om die ster onthul; dit was die eerste puinskyf om 'n ander ster wat afgeneem is.[15] Benewens die teenwoordigheid van verskeie gordels met planetesimale[16] en van komeetaktiwiteit,[17] is daar aanduidings dat planete in dié skyf gevorm het en dat die proses van planeetvorming voortduur.[18]