From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bengale (Bengaals: বাঙালি Bangali) is 'n Indo-Ariese etniese groep inheems aan die streek Bengale wat uit Bangladesj en die Indiese deelstaat Wes-Bengale bestaan, asook aan Tripura. Die etniese groep omvat omtrent 300 miljoen mense en hulle praat Bengaals as moedertaal. Bengale definieer hulself oorwegend as Indiese Bengale, wat veral aanhangers van Hindoeïsme is, of as Bangladesj-Bengale, wat veral Moslems is.
Bengale | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 300 miljoen[1][2] |
Belangrike bevolkings in: | Bangladesj ~150 miljoen |
Taal: | Bengaals |
Geloofsoortuiging: | Islam – Bangladesj 89,8%, Wes-Bengale 27%[3] Hindoeïsme – Wes-Bengale 70,53%, Bangladesj 8,3% Boeddhisme, Baha’i, Christendom, Ateïsme en ander – 1%[4][5] |
Verwante etniese groepe: | Ander Indo-Ariërs soos Gujarati's, Marathi's, Punjabi's, Rohingia, Sindhi's en Singalese • Drawide[6] • Tibeto-Birmane |
Ander Indiese gebiede met 'n belangrike bevolking van Bengale sluit in Assam asook die Andaman- en Nicobar-eilande in die Golf van Bengale. Twee van die wêreld se megastede is hoofsaaklik deur Bengale bevolk: Dhaka, die hoofstad van Bangladesj, en Kalkutta, Indië se derde grootste stad. Daarbenewens het duisende Bengale hulle in lande soos Pakistan, die Midde-Ooste, Japan, Maleisië, Singapoer, Suid-Afrika, Italië, Kanada, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State gevestig.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.