Golf van Bengale

From Wikipedia, the free encyclopedia

Golf van Bengale

Die Golf van Bengale of Baai van Bengale (Bengaals: বঙ্গোপসাগর baṅgopasāgar, Birmaans: ဘင်္ဂလားပင်လယ်အော်, Hindi: बंगाल की खाड़ी baṅgāl kī khāṛī, Indonesies: Teluk Benggala, Maleis: Teluk Benggala, Tamil: வங்காள விரிகுடா, Telugu: బంగాళాఖాతము, Thai: อ่าวเบงกอล) is 'n golf of baai wat deel uitmaak van die Indiese Oseaan en word sekelvormig omgrens deur die Sri Lanka, Indië, Bangladesj, Mianmar, Thailand, Maleisië en Indonesië. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 2 172 000 km² en die Golf van Bengale word as die grootste golf ter wêreld beskou.[3]

Thumb
Die hawe van Visakhapatnam, een van die besigste aan die Golf van Bengale
Golf van Bengale
Thumb
Ligging van die Golf van Bengale
Thumb
Kaart van die Golf van Bengale
Koördinate:15°N 88°O
Ligging:Indië, Bangladesj, Thailand, Mianmar, Indonesië, Maleisië, Sri Lanka[1][2]
Soort:Golf van die Indiese Oseaan
Oppervlakte:2 172 000 km² (839 000 myl²)
Gemiddelde diepte:2 600 meter (8 500 voet)
Maksimum diepte:4 694 meter (15 400 voet)
Lengte:2 090 km (1 300 myl)
Breedte:1 610 km (1 000 myl)
Invloei:Brahmaputra, Ganges, Godavari, Irrawaddy, Kaveri, Krisjna, Mahanadi
Eiland/e:Andaman- en Nicobar-eilande
Nedersettings:Chennai, Chittagong, Kalkutta, Visakhapatnam, Yangon

Die Golf van Bengale word deur 'n denkbeeldige lyn tussen Sri Lanka in die weste en Sumatra in die ooste van die Indiese Oseaan geskei en is genoem ná die streek Bengale. Die oostelike deel van die golf, geleë tussen Mianmar en Thailand oos van die Andaman- en Nicobar-eilande, word die Andamanse See genoem.[4]

Groot stede aan die golf is Chennai, Chittagong, Kalkutta, Visakhapatnam en Yangon en die belangrikste riviere wat in die see uitmond is die Brahmaputra, Ganges, Godavari, Irrawaddy, Kaveri, Krisjna en die Mahanadi. In Suid-Indië loop die Oos-Ghats parallel tot die Golf van Bengale se weskus.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.