From Wikipedia, the free encyclopedia
Bantubonke Harrington Holomisa[1][2] (gebore 25 Julie 1955 in Mqanduli, Transkei (tans die Oos-Kaap)) is 'n Suid-Afrikaanse parlementslid wat die United Democratic Movement verteenwoordig. Hy is in Julie 2024 aangestel as 'n adjunkminister van Verdediging.
Bantu Holomisa | |
President van die UDM | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1997 | |
Adjunkminister van omgewingsake en toerisme | |
---|---|
Ampstermyn Mei 1994 – 30 September 1996 | |
President | Nelson Mandela |
President van Transkei | |
Ampstermyn 1987 – Mei 1994 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Bantubonke Harrington Holomisa 25 Julie 1955 Mqanduli, Transkei |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Politieke party | United Democratic Movement |
Holomisa het hom in 1976 by die Transkeise weermag aangesluit en is tot brigadier bevorder in 1985.[1][3] Hy het eerste minister Stella Sigcau[4] in 1987 in 'n staatsgreep omvergewerp en was die leier van die Transkei van 1987 tot 1994.[1]
In 1994 is Holomisa tot die ANC se nasionale uitvoerende komitee verkies,[2] en was die adjunkminister van omgewingsake en toerisme van Suid-Afrika.[5] Hy is uit die ANC geskop op 30 September 1996[6] na hy getuig het voor die waarheid-en-versoeningskommissie.[5]
Holomisa was die medestigter van die UDM in 1997[5] saam met Roelf Meyer,[7] en is tot die parlement verkies in 1999.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.