Arpad
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Arpad (moontlik die moderne Tell Rifaat, Sirië) was ’n antieke Aramese Siries-Hetitiese stad in Noordwes-Sirië, noord van Aleppo. Dit het die hoofstad geword van die Aramese staat Bit Agusi, wat in die 9de eeu v.C. deur Gusi van Yakhan gestig is.[1]
Arpad het later ’n groot vasalstad van die Koninkryk Urartu geword. In 743 v.C., tydens die Urartu-Assiriese Oorlog, het die Nieu-Assiriese koning Tiglat-Pileser III die stad beleër ná sy oorwinning oor die leër van Urartu. Dit het hom egter drie jaar geneem om Arpad te verower, waarna hy die inwoners laat uitmoor en die stad verwoes het.[2] Arpad was daarna ’n provinsiële hoofstad.[3] Tell Rifaat, wat moontlik die oorblyfsels van Arpad is, het mure van 8 m hoog wat behoue gebly het.[4]
Die stad word verskeie kere in die Ou Testament genoem:
Die Asssiriese hoofadjudant noem die gode van Arpad onder dié wat hy beweer nie hulle stede van die Assiriërs kon red nie.[5]
Tell Rifaat is ’n ovaal terrein van 250 x 233 m. Daarop is ’n hooffort van 142 x 142 m met ’n maksimum hoogte van 30 m. Die verdedigingsmuur om die terrein is sowat 3 km lank.
’n Argeologiese span van die Universiteit van Londen het die terrein ondersoek. Daarna is uitgrawings in 1961 en 1964 by Tell Rifaat gedoen.[6][7] In 1977 het dieselfde universiteit se argeologiese span ’n opname in die gebied om Tell Rifaat gedoen.[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.