Urartu (Armeens: Ուրարտու en Akkadies: māt Urarṭu,[1] wat ooreenstem met die Bybelse koninkryk Ararat) was ’n koninkryk in die Ystertydperk wat om die Vanmeer in Armenië gesentreer was.

Streng gesproke is "Urartu" die Assiriese term vir ’n geografiese streek, terwyl "koninkryk Urartu" in moderne historiografie gebruik word vir die Urartiessprekende Ystertydperk-staat wat in dié streek ontstaan het.

Geskiedenis

Die taal Urarties kom in inskripsies voor. Hoewel daar geen tekens is dat ander tale in die koninkryk gepraat is nie, bestaan taalkundige bewyse dat Proto-Armeens vroeg in kontak met Urarties gekom het.[2][3][4][5][6]

Die mening dat ’n onderskeid tussen die streek en die koninkryk gemaak moet word, is reeds deur König (1955) gehandhaaf.[7] Die streek stem ooreen met die bergagtige plato tussen Klein-Asië, Mesopotamië, die Iranse Plato en die Kaukasus. Die koninkryk het in die middel 9de eeu v.C. ontstaan, maar is in die vroeë 6de eeu v.C. deur die Mede verower. Die erfgename van Urartu is die Armeniërs en hul daaropvolgende koninkryke.[5][8][9][10]

Verwysings

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.