From Wikipedia, the free encyclopedia
Die apiesdoring (Senegalia galpinii) is 'n boom in die peulplantfamilie (Fabaceae). Die spesie is in Suid-Afrika inheems in Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes. Dit is ook inheems in Angola, Botswana, Malawi, Namibië in die Caprivistrook, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Apiesdoring Geelapiesdoring | |
---|---|
Habitus in somer en lente | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Senegalia |
Spesie: | S. galpinii |
Binomiale naam | |
Senegalia galpinii Burtt Davy, 1922 | |
Sinonieme | |
|
Apiesdorings kom van Zambië in die Noorde tot die Noordwesprovinsie in die Suide voor. Ander name vir die boom is monkey-thorn (Engels), mologa (Noord-Sotho) en tshikwalo (Venda). Die boom se FSA-nommer is 166.[1][2]
Die spesie is vernoem na Ernest Edward Galpin (1854-1941), bankier en plantversamelaar.
Die apiesdoring is 'n groot, halfbladwisselende boom tot 36 m hoog, met 'n spreidende half ronderige kroon. Die stam van ou bome het lengteverlopende groewe. Bas van jong takke is kurkagtig en gelerig, maar gelerig tot bruin, kurkagtig, grof en oorlangs gegroef by ouer takke, dikwels met verspreide dorings op stam en takke.
Dorings is teruggekrom tot byna reguit, 8–12 mm lank, donkerbruin en in pare onder die knoppe. Blare is dubbelveervormig saamgesteld, glad, met 'n groot klier net onderkant die eerste blaartjies, tot 160 mm lank, met 7-14 paar pinnas met 12-40 blaartjies.
Blomtyd is van September tot Januarie. Blomme is 60–120 mm lank en op kort sytakke, blomme sittend, rooierig tot pers voor hulle oopgaan en die boom is dus rooierig voor die blomme heeltemal oop is. Die blomme het 'n heuninggeur. Vrugtevorming vind van Desember tot Maart plaas. Die peule is reguit, 100–200 mm lank, rooierig tot persbruin, oopspringend en bros.
Die hout het 'n ligbruin spinthout en 'n harde, swaar (lugdroog 980 kg/m3), donkerbruin kernhout met growwe draad.
Die apiesdoring kom voor op rivieroewers, in oop beboste grasveld en oop bosveld.
Redelike sterk tou kan van die bas gemaak word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.