![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/af/thumb/6/6c/Anna_B%25C3%25B6eseken.jpg/640px-Anna_B%25C3%25B6eseken.jpg&w=640&q=50)
Anna Böeseken
Suid-Afrikaanse skrywer, historikus, en joernalis / From Wikipedia, the free encyclopedia
Dr. Anna Jacoba Böeseken (Pretoria, 23 Oktober 1905 – Kaapstad, 28 Junie 1997) was 'n kenner van die geskiedenis van die Nederlandse bewind aan die Kaap die Goeie Hoop en skryfster oor die onderwerp in Afrikaans, Nederlands en Engels. Sy is as een van Suid-Afrika se voorste navorsers en geskiedskrywers bestempel. Van 1955 tot 1970 het sy by die Suid-Afrikaanse Argief in Kaapstad gewerk.