Suid-Afrikaanse politikus From Wikipedia, the free encyclopedia
Matsie Angelina (Angie) Motshekga (gebore 19 Junie 1955) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Verdediging en Militêre Veterane. Sy is vir die eerste keer in 2009 in die eerste kabinet van president Jacob Zuma as Minister van Basiese Onderwys aangestel en het in tweede kabinet van president Cyril Ramaphosa ook as Basiese Onderwys Minister gedien. Sy is op 1 Julie 2024 aangestel as Minister van Verdediging en Militêre Veterane.
Matsie Angelina Motshekga | |
Motshekga in Januarie 2019 | |
Minister van Basiese Onderwys | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 11 Mei 2009 | |
Vise | Enver Surty→ Reginah Mhaule |
---|---|
President | Jacob Zuma→ Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Pos geskep |
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 6 Mei 2009 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 19 Junie 1955 Primville, Soweto, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Kiesafdeling | Gauteng |
Eggenoot/-note | Mathole Motshekga |
Professie | Politikus |
Motshekga is op 19 Junie 1955 in Soweto, Transvaal, gebore.[1] Sy het haar laerskoolopleiding van verskillende skole in Soweto ontvang.[1] Sy het aan 'n kosskool in Matatiele gematrikuleer. Motshekga het toe aan die Universiteit van die Noorde gestudeer, waar sy 'n Baccalaureus Artium in Opvoedkunde verwerf het. Aan die Universiteit van die Witwatersrand het Motshekga 'n Baccalaureus in Opvoedkundige Wetenskap en 'n meestersgraad behaal.[2]
In 1981 was Motshekga werksaam as onderwyser aan die Hoërskool Orlando. Sy het tot in 1983 by die skool gewerk, toe sy bedank het na haar aanstelling as dosent aan die Soweto College of Education. Motshekga het toe in 1985 'n dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand geword en aan die universiteit tot 1994 gedoseer.[2]
Gedurende die 1980's was Motshekga lid van die Soweto-onderwyskrisisekomitee wat later deel geraak het van die Nasionale Onderwys-koördineringskomitee.[1] Sy het lidmaatskap van die United Democratic Front gehad.[1] Sy was ook 'n lid van die National Education Union of South Africa. Motshekga was ook 'n aktiewe lid in die Pimville Civic Association.[2]
Motshekga was die nasionale sameroeper van gesprekke oor onderwyserseenhede wat tot die vorming van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie gelei het.[1] Sy was die streeksvoorsitter van die African National Congress Women's League (ANCWL) in die voormalige Kyalami-streek van die party.[1] Tussen 1994 tot 1997 het sy as direkteur in die kantoor van die presidensie gewerk. Sy is in 1997 as adjunk-provinsiale sekretaris van die ANCWL verkies.[2]
Na die algemene verkiesing in 1999 is Motshekga as lid van die Gauteng provinsiale wetgewer ingehuldig. Sy is toe as die voorsitter van die wetgewer se onderwyskomitee aangewys. In 2000 het premier Mbhazima Shilowa haar tot die maatskaplike ontwikkeling portefeulje van die Uitvoerende Raad aangewys. Ná die algemene verkiesing in 2004 het Motshekga na die wetgewer teruggekeer vir haar tweede termyn. Shilowa het haar toe na die onderwys-portefeulje geskuif.[2]
Motshekga is in 2008 tot nasionale president van die ANC-vroueliga verkies. Sy het die sekretaris-generaal van die liga, Bathabile Dlamini, verslaan nadat sy 1 826 stemme ontvang het.[3]
Motshekga is in April 2009 tot die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika verkies. Die nuutverkose president Jacob Zuma het die Onderwysportefeulje in twee nuwe, afsonderlike ministeries ontknoop.[4] Motshekga is as Minister van Basiese Onderwys aangestel. Sy is op 11 Mei 2009 ingehuldig. Tydens haar eerste termyn is handboeke tussen Desember 2011 en Junie 2012 nie by arm skole in Limpopo afgelewer nie.[5] Kritici het gevra dat sy moet uit die amp bedank of daaruit verwyder word, maar sy het in die amp aangebly.[6]
Na die algemene verkiesing van 2014 het Zuma vir Motshekga in haar pos behou.[7] Bathabile Dlamini het haar in Augustus 2015 as president van die vroueliga verslaan.[8] In 2017 was sy 'n kandidaat vir nasionale president van die ANC onder die vroueliga-vaandel sonder om toestemming te vra. Die liga het vir Motshekga gekritiseer en Nkosazana Dlamini-Zuma se veldtog vir ANC-presidentskap ondersteun.[9][10]
Zuma het in Februarie 2018 as Suid-Afrikaanse president bedank en adjunkpresident Cyril Ramaphosa is as sy opvolger aangewys. Ramaphosa het Motshekga in haar amp behou.[11][12] In 2019 het sy die langsdienende minister van onderwys in moderne Suid-Afrikaanse geskiedenis geword. Sy is in daardie jaar se algemene verkiesing as parlementslid herkies en het as minister van basiese onderwys aangebly.[13][14] Sy is op 1 Julie 2024 aangestel as Minister van Verdediging en Militêre Veterane.
Motshekga is met die voormalige premier van Gauteng en voormalige ANC-hoofsweep, Mathole Motshekga, getroud. Hulle het kinders asook kleinkinders.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.