Engelse professionele rugbyunie-afrigter en voormalige rugbyliga- en rugbyunie-speler From Wikipedia, the free encyclopedia
Andrew David Farrell OBE (gebore op 30 Mei 1975) is 'n Engelse professionele rugbyunie-afrigter en voormalige rugbyliga- en rugbyunie-speler wat sedert 2019 die hoofafrigter van die Ierse nasionale span is.[1][2][3]
| |||||
Andy Farrell in 2020 | |||||
Volle naam | Andrew David Farrell | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 30 Mei 1975 | ||||
Geboorteplek | Wigan, Groter Manchester, Engeland | ||||
Lengte | 1,93 m | ||||
Vername familie | Owen Farrell (seun) Phil Farrell (broer) Liam Farrell (neef) Connor Farrell (neef) Sean O'Loughlin (swaer) | ||||
Professionele klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1991–2004 | Wigan | 370 | (3 135) | ||
Nasionale Span(ne) | |||||
Jare | Club / team | Weds | (pte) | ||
1993–2004 1995–2001 |
Groot-Brittanje Engeland |
34 11 |
(134)) (78) | ||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Senter, Losskakel, Losvoorspeler | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2005–2009 | Saracens | 28 | (12) | ||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2007 | Engeland | 8 | (5) | ||
Loopbaan as afrigter | |||||
Jare | Klub / span | ||||
2010–2012 2011–2015 2013 2016–2019 2019– |
Saracens Engeland (assistent) Britse en Ierse Leeus (verdediging) Ierland (assistent) Ierland |
Farrell het 34 keer vir Groot-Brittanje en 11 vir Engeland in rugbyliga gespeel, waaronder die rugbyligawêreldbekertoernooie van 1995 en 2000, en 8 keer vir Engeland in rugbyunie, waaronder die Rugbywêreldbeker 2007.
Hy was 'n losvoorspeler wat pale toe geskop het in rugbyliga, wat tussen 1991 en 2004 vir Wigan gespeel het en ses kampioenskappe en vier uitdaagtoernooie gewen het, asook talle individuele toekennings. Hy het Wigan, Engeland en Groot-Brittanje gereeld aangevoer. In rugbyunie het hy van 2005 tot 2009 vir Saracens gespeel, meestal as senter.
Nadat hy as speler uitgetree het, het Farrell die afrigter geword van Saracens, Munster, Engeland, Ierland en die Britse en Ierse Leeus.
Hy word in 2019 die hoofafrigter van Ierland. Hy het hulle tot oorwinnings van 2–1 teen Nieu-Seeland in 2022 en die Sesnasies-toernooi in 2023 afgerig. Tydens die Rugbywêreldbeker 2023 het Ierland onder hom die kwarteindstryd gehaal, waar hulle teen die All Blacks vasgeval het.
Hy is die pa van Owen Farrell, die huidige rugbykaptein van Engeland.[4][5][6][7]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.