chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia
Aluminium-26 (chemiese notasie: 26Al) is 'n radioaktiewe isotoop van aluminium.
Algemeen | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Naam | Aluminium-26 | |||||||||||||||
![]() | ||||||||||||||||
Protone | 13 | |||||||||||||||
Neutrone | 14 | |||||||||||||||
Kernspin | 5+[1] | |||||||||||||||
Massa-oorskot | -12210,31 keV[1] | |||||||||||||||
Status | ||||||||||||||||
Status | radioaktief kosmogeen[1] | |||||||||||||||
Halfleeftyd | 0,717 mj[1] | |||||||||||||||
Vervalvorm | β+[1] | |||||||||||||||
Navigasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Lys van isotope | ||||||||||||||||
Portaal ![]() | ||||||||||||||||
Portaal ![]() |
Die isotoop is 'n uitgestorwe oerisotoop en word vandag net as spore aangetref deurdat dit kosmogeen vervaardig word. Sy vervalproduk is magnesium-26. Die verhoudings 26Mg/24Mg en 26Mg/27Al word gebruik om meteoriete radiometries te dateer. In die tweede verhouding is 26Al deur 26Mg vervang omdat alle 26Al vandag na magnesium-26 verval het.[2]
Aluminium-26 kan as 'n spoorder in diffusie-eksperimente by hoë temperatuur gebruik word, maar omdat dit radioaktief is en baie duur is, word dit min gebruik. Dikwels word isotope van chroom in plaas van aluminium aangewend. Hulle diffusie-eienskappe is vergelykbaar en dié element het heelparty stabiele isotope.[3]
Hierdie isotoop het waarskynlik 'n groot rol gespeel in die vulkanisme wat die ontstaan van die aubriete veroorsaak het.[4]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.