From Wikipedia, the free encyclopedia
Alpha Pictoris (afgekort as α Pic) is die helderste ster in die suidelike sterrebeeld Skilder (Pictor). Dit het ’n skynbare magnitude van 3,27,[3] wat dit geredelik sigbaar met die blote oog maak. Volgens parallaksmetings is dit omtrent 97 ligjare van die Son af.[2] Alpha Pictoris is uitsonderlik in die sin dat dit die suidpoolster van die planeet Mercurius is.[12]
Alpha Pictoris
| ||||
Die ligging van Alpha Pictoris (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Skilder | |||
Spektraaltipe | A8 Vn kA6[1] | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 06h 48m 11.45512s[2] | |||
Deklinasie | -61° 56′ 29.0008″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | 3,27[3] | |||
Absolute magnitude (M) | 0,86[4] | |||
B-V-kleurindeks | +0,21[3] | |||
U-B-kleurindeks | +0,13[3] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 2,04[4] | |||
Radius (R☉) | 1,6[5] | |||
Ligsterkte (L☉) | 13[6] | |||
Ouderdom (jaar) | 660 miljoen[7][8] | |||
Temperatuur (K) | 7 530[9] | |||
Afstand (ligjaar) | 97 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 206[10] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,11[1] | |||
Ander name | ||||
CD-61°1478, Gl 248, HD 50241, HIP 32607, HR 2550, LTT 2656, SAO 249647[11] | ||||
|
Met ’n geraamde ouderdom van 660 miljoen jaar[7][8] is dit ’n relatief jong Lambda Boötis-ster.[13] Sy sterreklassifikasie van A8 Vn kA6[1] toon hierdie uitsonderlikheid, met "kA6" wat ’n aanduiding is van swakker as normale kalsium K-lyne in sy spektrum. Die "n" ná die ligsterkteklas "V" dui aan die absorpsielyne in die spektrum is breed en newelagtig. Dit word veroorsaak deur die vinnige tolling van die ster, wat ’n hoë rotasiespoed van 206 km/s het.[10] Spektroskopie toon smal, wisselende absorpsie-eienskappe wat veroorsaak word deur sirkumstellêre gas wat na die ster beweeg. Dit is nie die gevolg van interstellêre materie nie, maar ’n gasomhulsel op die ster se wentelvlak. Alpha Pictoris word gekategoriseer as ’n vinnig roterende skilster wat dalk onlangs massa uit sy buitenste atmosfeer gewerp het.[9][14]
Alpha Pictoris is groter as die Son, met ’n massa van twee keer soveel[4] en ’n radius van 60% groter.[5] Sy ligsterkte is 13 keer dié van die Son[6] en sy effektiewe temperatuur is 7 530 K.[9] Dié hitte gee die ster die tipiese wit kleur van ’n A-tipe ster.[15]
Data van die Hipparcos-sending dui aan dit kan ’n dubbelster wees met ’n metgesel wat met ’n halwe lengteas van sowat 1 AE om hom wentel (net so ver as wat die Aarde van die Son af is).[13] Alpha Pictoris is ’n X-straalbron, wat ongewoon vir ’n A-tipe ster is. Die strale kom dalk van die metgeselster af.[9][16]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.