From Wikipedia, the free encyclopedia
Alpha Caeli (afgekort as α Cae) is 'n dubbelster in die sterrebeeld Graveerstif (Caelum). Die primêre ster, Alpha Caeli A, is ’n F-tipe hoofreeksster van spektraaltipe F2V en ’n skynbare magnitude van 4,44. Sy massa is 1,48 keer dié van die Son[4] en sy radius 1,3 keer die Son s'n.[6] Die geraamde rotasiespoed by die ster se ewenaar is 47,8 km/s.[7] Dit is vermoedelik ’n Delta Scuti-veranderlike.[9]
Alpha Caeli
| ||||
Alpha Caeli se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Grafeerstif | |||
Spektraaltipe | A: F2V[1] B: M0,5[2] | |||
Soort | Dubbelster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | A: 04h 40m 33.7125s B: 04h 40m 34.0s | |||
Deklinasie | A: -41° 51′ 49.509″[3] B: -41° 51′ 51″[2] | |||
Skynmagnitude (m) | A: 4,456 B: 12,5[2] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | A: 1,48[4] B: 0,3[5] | |||
Radius (R☉) | A: 1,3[6] | |||
Ouderdom (jaar) | A: 0.9 (0,7-1,3) miljard[4] | |||
Temperatuur (K) | A: 6 991[1] B: 3 800[5] | |||
Rotasiespoed (km/s) | A: 47,8±2,4[7] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | A: -0,10[1] | |||
Ander name | ||||
A: CCDM J04406-4152A, CD−42°1587, CPD−42°513, FK5 1129, GC 5708, Gl 174.1 A, GJ 9164 A, HD 29875, HIP 21770, HR 1502, IDS 04373-4203 A, SAO 216926.[8] B: CCDM J04406-4152B, CD−42°1587B, CPD−42°513B, Gl 174.1 B, GJ 9164 B, IDS 04373-4203 B.[2] | ||||
|
Die metgeselster, Alpha Caeli B, is ’n rooidwerg van spektraaltipe M0,5V en met ’n absolute magnitude van 9,8.[10] Dit is ’n UV Ceti-veranderlike wat lukrake toenames in sy ligsterkte ondervind.[11] Dié ster is tans met ’n hoek van 6,6 boogsekondes van A geskei, wat dui op ’n wentelbaan met ’n vermoedelike halwe lengteas van 206 AE.[12]
Alpha Caeli is sowat 65,7 ligjare van die Son af en is sowat 900 miljoen jaar oud. Sy wentelbaan om die Melkweg is sowat 26 ligjare van die kern af en het ’n eksentrisiteit van 0,07. Die wentelbaan lê na aan die galaktiese vlak.[4] Alpha Caeli is moontlik lid van die Ursa Major-groep sterre wat dieselfde kinetiese eienskappe het en moontlik uit dieselfde sterreswerm ontstaan het.[13]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.