Alexios V Doukas
From Wikipedia, the free encyclopedia
Alexios V Doukas (Grieks: Ἀλέξιος Εʹ Δούκας; omstreeks 1140 - Desember 1204) was van 5 Februarie tot 12 April 1204 keiser van die Bisantynse Ryk, tydens die tweede en finale beleg van Konstantinopel deur die deelnemers aan die Vierde Kruistog.
Kitsfeite Bewind, Dinastie ...
Alexios V Doukas | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Alexios V, uit ’n manuskrip van omstreeks die 14de eeu. | |
Bewind | 1204 |
Dinastie | Angelos |
Voorganger | Isak II Angelos en Alexios IV Angelos Nikolaos Kanabos (gekies deur die Bisantynse senaat) |
Opvolger | Baldwin van Vlaandere (Latynse Ryk) Konstantyn Laskaris (Nicea) Michael I Komnenos Doukas (Epirus) Alexios Megas Komnenos (Trebizond) |
Gebore | Omstreeks 1140 |
Oorlede | Desember 1204 |
Vrou | Eudokia Angelina |
Sluit
Sy van was Doukas, maar hy was ook bekend onder die bynaam Mourtzouphlos (Grieks: Μούρτζουφλος), wat verwys na óf dik, oorhangende wenkbroue óf ’n nors, swaarmoedige karakter.[1]