![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/3/31/Taurus_constellation_map.svg/langaf-640px-Taurus_constellation_map.svg.png&w=640&q=50)
Aldebaran
From Wikipedia, the free encyclopedia
Aldebaran (ook genoem Alpha Tauri of α Tau) is ’n rooireusester sowat 65 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Bul (Taurus). Dit is die helderste ster in die sterrebeeld en gewoonlik die 14de helderste ster in die naglug, hoewel sy helderheid langsamerhand wissel tussen magnitude 0,75 en 0,95. Aldebaran het ’n planeet ’n paar keer so groot soos Jupiter met die naam Aldebaran b.
Kitsfeite
Aldebaran
| ||||
![]() | ||||
Aldebaran se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Bul | |||
Bayer-naam | Alpha Tauri | |||
Spektraaltipe | K5+ III[1] | |||
Soort | Rooireus[2] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 04h 35m 55.23907s[3] | |||
Deklinasie | +16° 30′ 33.4885″[3] | |||
Skynmagnitude (m) | 0,75-0,95[4] | |||
Absolute magnitude (M) | −0,641±0,034[5] | |||
B-V-kleurindeks | +1,44[6] | |||
U-B-kleurindeks | +1,92[6] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,16±0,07[7] | |||
Radius (R☉) | 44,13±0,84[8] | |||
Ligsterkte (L☉) | 439±17[9] | |||
Ouderdom (jaar) | 6,4+1,4−1,1 miljard[7] | |||
Temperatuur (K) | 3 900±50[10] | |||
Afstand (ligjaar) | 65 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 3,5±1,5[10] | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | −0,33±0,1[10] | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Stadig onreëlmatig[4] | |||
Ander name | ||||
87 Tauri, BD+16°629, GJ 171.1, GJ 9159, HD 29139, HIP 21421, HR 1457, SAO 94027 | ||||
|
Sluit
Die ster is koeler as die Son met ’n effektiewe temperatuur van 3 900 K, maar sy radius is sowat 44 keer dié van die Son en sy ligsterkte meer as 400 keer die Son s'n. Dit roteer stadig en neem 520 dae om ’n rotasie te voltooi.
Die ruimtetuig Pioneer 10 vlieg min of meer in Aldebaran se rigtig en sal oor sowat 2 miljoen jaar op sy naaste aan die ster wees.