From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Outeniekwageelhout (Afrocarpus falcatus) is 'n boom wat tot 60 meter hoog kan word. Die boom is inheems aan Suid-Afrika. Dit is die hoogste Suid-Afrikaanse boom en staan bekend as die "reuse van die bos". Hul blaredakke is oortrek met 'n mos wat as die "ouman se baard" bekend staan. Die boom kom hoofsaaklik op die Tuinroete, vanaf Mosselbaai tot by Harkerville, voor. Die bome kan tot 600 jaar oud word. Die boom groei sowat 'n meter per jaar. Die boom floreer in volle son en het slegs matige water nodig. Die hout is gesog vir die maak van meubels; Knysna is veral bekend vir sy meubelmaakbedryf. Tans word slegs 'n sekere kwota Outeniekwageelhout bome per jaar afgekap.[1][2] Soos ander geelhoute is dit 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en kan net met die nodige lisensie benut word.[3]
Outeniekwageelhout Kalander | |
---|---|
Die Grootboom by die Nasionale Wildernispark | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Pinophyta |
Klas: | Pinopsida |
Orde: | Pinales |
Familie: | Podocarpaceae |
Genus: | Afrocarpus |
Spesie: | A. falcatus |
Binomiale naam | |
Afrocarpus falcatus (Thunb.) | |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 16.[4]
Die boom is inheems in Eswatini, Malawi, Mosambiek en Suid-Afrika.[5]
Die meeste "grootbome" in die Knysnabos is Outeniekwageelhoute. Die grootboom by Woodville staan 33 m hoog, die omtrek van die stam is 4 m en die boom is ongeveer 800 jaar oud. By Diepwalle-bosboustasie is seker die bekendste grootboom, van ongeveer 650 jaar oud. Die omtrek van die stam is 9,5 m en dit is 40 m hoog. Hierdie boom is vernoem na koning Edward VII.[6] In die Blouberg, Limpopo, het 'n groot indiwidu in 2013 amptelike beskerming ontvang.[7]
Die groot geelhoutbome staan ook in die volksmond bekend as Kalander(boom)[8] of Kalandergeelhout.[9] Ander volksname sluit in Outenikwa, Outenikwalander, Basteroutenikwa[8] en Sekelblaargeelhout. Boswerkers van Knysna vertel dat die hout van steeds groeiende bome vinnig deur kalanderkewers aangeval en beskadig word na dit afgekap is.[10]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.