Outeniekwageelhout
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Outeniekwageelhout (Afrocarpus falcatus) is 'n boom wat tot 60 meter hoog kan word. Die boom is inheems aan Suid-Afrika. Dit is die hoogste Suid-Afrikaanse boom en staan bekend as die "reuse van die bos". Hul blaredakke is oortrek met 'n mos wat as die "ouman se baard" bekend staan. Die boom kom hoofsaaklik op die Tuinroete, vanaf Mosselbaai tot by Harkerville, voor. Die bome kan tot 600 jaar oud word. Die boom groei sowat 'n meter per jaar. Die boom floreer in volle son en het slegs matige water nodig. Die hout is gesog vir die maak van meubels; Knysna is veral bekend vir sy meubelmaakbedryf. Tans word slegs 'n sekere kwota Outeniekwageelhout bome per jaar afgekap.[1][2] Soos ander geelhoute is dit 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en kan net met die nodige lisensie benut word.[3]
Outeniekwageelhout Kalander | |
---|---|
Die Grootboom by die Nasionale Wildernispark | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Pinophyta |
Klas: | Pinopsida |
Orde: | Pinales |
Familie: | Podocarpaceae |
Genus: | Afrocarpus |
Spesie: | A. falcatus |
Binomiale naam | |
Afrocarpus falcatus (Thunb.) | |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 16.[4]