opsomming van Afrikaanse taalleer From Wikipedia, the free encyclopedia
Die volgende artikel dien as 'n basiese opsomming van Afrikaanse taalleer. Die artikel bespreek onder meer die onderskeie sinonieme vir Afrikaanse begrippe, algemene taalfoute, spelpatrone, die los- en vasskryf van woorde en skryf- en leestekens. Verder bespreek dit die gebruik van woordeboeke, afkortings en akronieme, die verskillende tipes woorddele wat 'n mens in Afrikaans aantref, geslag, meervoud en verkleining asook intensiewe vorme, leenwoorde en taalbegrippe. Die artikel fokus ook op die verskillende woordsoorte wat in die Afrikaanse taal gevind word, sinsleer en sinsontleding, gee 'n oorsig oor letterkundige terminologie en fokus laastens op figuurlike en retoriese taal- en literêre stylmiddels.
Soos in meeste ander lande, het ons streekstaal, maar ook skryftaal. Sekere uitdrukkings in streekstaal word soms nie deur mense in ander streke goed verstaan nie; daarom het ons skryftaal in Afrikaans, wat Standaardafrikaans is, sodat almal minstens kan lees en verstaan wat geskryf is. Standaardtaal is ook die taal wat in die woordeboeke en meeste tydskrifte en koerante gebruik word.
Baie van die begrippe wat jy in Afrikaans gaan leer, het sinonieme. Dit sal telkens aangedui word. Dit beteken jy kan enige een van die begrippe gebruik:
'n Mens hoor daagliks lelike taalfoute in advertensies wat jy moet probeer om nie te gebruik nie. Een van die aakligstes is uitmis. Die lelike woorde word dikwels na aanleiding van die Engels “Don’t miss out on it!” gebruik in 'n sin soos: Moenie uitmis op die geleentheid nie. Diere mis uit – nie mense nie. 'n Baie beter sin sou wees: Moenie die geleentheid laat verbygaan nie. Jy kan wel die woord mis in 'n sin gebruik, bv. Jy moenie die geleentheid mis /misloop nie. Net nie uitmis nie!
Daar is vier grondbeginsels vir die Afrikaanse spelling of redes waarom ons woorde op 'n sekere manier spel:
a,e,i,o,u
Al die ander alfabetletters
Ook genoem tweeklanke; jy voel hoe jou mond die klank verander: ou, oei, ooi, y, ei, eeu, oi, ui, ai, aai
Klanke wat soos diftonge lyk, maar net vokale is: ie, oe, eu. Jou mond verander nie wanneer jy die klanke uitspreek nie. Onthou die rympie; die toe deur. Dit lyk soos diftonge, maar is vokale.
Oop lettergrepe eindig op 'n vokaal of diftong, bv. dro-me, meeu-e;
geslote lettergrepe eindig op 'n konsonant, bv. tuin, skool.
Onthou die volgende, dan is spelling maklik:
Die konsonant verdubbel wanneer:
Woorde wat een begrip is, word in Afrikaans (anders as bv. in Engels) vas geskryf, bv. Afrikaansonderwyser.
Onthou: 'n koppeltekenwoord is ook een woord.
Samestellings word as een woord geskryf, bv.
Samestellings met 'n afkorting, simbool of syfer as eerste deel, word met 'n koppelteken geskryf, bv. B-span, 2016-verkiesing, R100-donasie.
Eiename met verbindings kan op verskillende maniere gespel word, bv. Klerksdorphospitaal, Klerksdorp-Hospitaal, Klerksdorp-hospitaal, Klerksdorp Hospitaal.
Eiename met 'n syfer of simbool as eerste deel, kry 'n koppelteken, bv. 4x4-Toyota
Taalname word vas geskryf, bv. Standaardafrikaans, Praatafrikaans.
Plant-en diername, bv. geelslang, blouaap, witstinkhout
Woorde met -eens, bv. meteens
Bywoorde + toe, bv. vorentoe, agtertoe boontoe, ondertoe
Dit kan op verskillende maniere geskryf word:
Los of vas: drie en twintig OF drie-en-twintig; twee duisend twee honderd OF tweeduisend tweehonderd
Skryftekens is deel van die woord en leestekens staan tussen woorde.
Skryftekens is die deelteken, koppelteken, kappie, afkappingsteken, aksenttekens. Skryftekens (ook genoem diakritiese tekens) word gebruik om uitspraak van bepaalde letters aan te dui.
Dit word gebruik by:
Onthou: 'n koppeltekenwoord is nog steeds een woord
Dit word gebruik:
Dit word op die vokale o, i, e en u gebruik:
Dit word gebruik by meervoudvorme en verkleinwoorde :
Leestekens vergemaklik lees. Dit is kommas, punte, kommapunte, aanhalingstekens, uitroeptekens, vraagtekens, dubbelpunte, hakies, ellips en aandagstrepe.
Die punt word aan die einde van 'n sin en by afkortings gebruik.
Die kommapunt:
Die dubbelpunt word gebruik:
Aanhalingstekens word gebruik:
Die vraagteken word na 'n vraagsin gebruik, bv. Waar is jy?
Die uitroepteken word na bevele, uitroepe, wense en waarskuwings gebruik, bv. As ek net vroeër begin leer het! Pasop!
Hakies word gebruik om iets in of aan te las (parentese) , bv. Hy sal die tiende (Dinsdag) hier wees.
Die aandagstreep word as stylmiddel gebruik:
Die ellips bestaan uit slegs drie kolletjies en word gebruik om iets te beklemtoon wat dramaties is of twyfel aandui, bv. Ek moes nooit alleen gegaan het nie...
'n Akroniem is 'n letterklankwoord, wat as 'n woord uitgespreek kan word en uit die beginletters van twee of meer woorddele bestaan. Dit kan meestal met hoofletters of kleinletters geskryf word, bv. VIGS of vigs (verworwe immuniteitsgebreksindroom); SARVU of Sarvu (Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie).
'n Woorddeel is enige onderdeel van 'n woord en het soms betekenis en soms nie.
‘n Basis (ook genoem simpleks, stam of ongelede woord) is die kleinste deel van 'n woord wat selfstandige betekenis het. Dit is die grondvorm van die woord waaraan voor- of agtervoegsels gevoeg kan word om komplekse te vorm.
‘n Kompleks (gelede woord) bestaan uit meer as een woorddeel of morfeem.
Voegsel (verbindingsklank) kom slegs in komplekse voor, bv. heldedaad, kinderboek. Voegsels het geen betekeniswaarde nie, maar verbind slegs die woorde.
Dit kan:
In baie gevalle is woorde wat geslag aandui, deesdae nie meer so belangrik nie, want 'n direkteur kan bv. manlik of vroulik wees. By sommige woorde word steeds onderskeid in geslag gemaak, soos:
Die meeste meervoude word gevorm deur –e of –s aan die enkelvoudsvorm te voeg. Voorbeelde:
By die meeste byvoeglike naamwoorde word die trappe van vergelyking met behulp van agtervoegsels gevorm. Die trappe is: stellende trap, vergrotende trap (kry –er by) en oortreffende trap (kry –ste by), bv. sag – sagter – sagste; koud – kouer –koudste; mooi – mooier - mooiste
Soms wil ons iets beklemtoon en gebruik dan die intensiewe vorm. Die woord word dan as een woord geskryf, bv. bloedrooi, grasgroen, pikswart.
Sommige woorde het meer as een intensiewe vorm, maar dan beteken dit nie dieselfde nie, bv.fyn: ragfyn sydrade; haarfyn (deeglike) beplanning; piekfyn uitgevat; papfyn perske. Ook helder: glashelder rivier of argumente; kristalhelder water; klokhelder stem.
Alle tale leen woorde by ander tale, wat dan net so gebruik word of bietjie verander word. Afrikaans het baie woorde uit Nederlands geleen wat ons goed verstaan; uit die Khoitale (bv. karee, dagga, kwagga); uit Maleis-Portugees (bobotie, blatjang, piesang, piering, spens); uit Afrikatale (lobola, mamba, pasella); uit Duits (bank, stoel, poedel); uit Frans (garage, restaurant, plafon); uit Latyn (veral regsterme, soos modus operandi); uit Portugees, Spaans, Italiaans, Persies, Grieks en Engels gholf, trein, speaker, parlement).
is woorde wat nuut is in 'n taal, dikwels as gevolg van nuwe tegnologie, soos internetterme.
word nie meer algemeen gebruik nie, maar bestaan nog in ouer geskrifte, soos die woorde vir gebruiksitems van die verlede.
kom voor wanneer twee uitdrukkings wat naastenby dieselfde beteken, as een woord of uitdrukking gebruik word, bv. betref: aangaan en betref; in pleks van: in plaas van + in plek van
is die herhaling van dieselfde begrip in een woord, bv. kabeltou ( kabel = tou); brokstuk (brok = stuk)
is die herhaling van dieselfde begrip in 'n frase bv. dooie lyk, ronde sirkel. (Dit is nie goeie taalgebruik nie).
is die vorming van woorde na die voorbeeld van woorde wat verwant is, bv. hondmak is die intensiewe vorm vir mak, maar nou word die woord hond by baie ander woorde ook as intensiewe vorm gebruik, wat niks met 'n mak hond te doen het nie, bv. hondmoeg, hondsiek.
beteken woorde het soms baie betekenisse, maar hulle het nog steeds iets met mekaar te doen, bv. huis kan die plek wees waar jy bly, dit kan die kerk wees; dit kan 'n koningshuis wees, dit kan in 'n idioom gebruik word, soos die huis op horings neem. Dink net aan die woord skool en hoe baie betekenisse kan die woord hê: plek van onderrig, gebou, jy haat of hou van skool, sportspanne, ens. (Die woorddeel poli- beteken baie en –semie het met betekenis te doen) Onthou net: die versamelnaam: 'n skool visse het niks met 'n skool te doen nie, daarom is dit 'n woord op sy eie.
verskil in betekenis, maar het dieselfde uitspraak en spelling, bv. 'n Haas het twee lang ore en jy moet jou haas om betyds te wees. Ook: kos is duur; iets duur lank. Die stoof werk met gas; jy is my gas vandag.
is woorde met dieselfde klankvorm, maar die spelling en betekenis verskil, bv. iets is so swaar soos lood; die takkie het 'n nuwe loot gemaak. Nog voorbeelde: verys/vereis; vlei/vly; vel/fel; vier/fier.
is woorde met dieselfde betekenis, bv. basis/grondslag; pragtig/lieflik/mooi.
is woorde met teenoorgestelde betekenis, bv. aanval/verdedig; mooi/lelik; vroeg/laat.
is woorde wat van dieselfde basis afgelei is, maar die vorm en betekenis verskil. Dit word ook stamverwante woorde genoem, bv. Ons is bewoners van die aarde. Hulle is inwoners van die tehuis.
Ons is getrou aan ons beginsels. Ons vertrou ons ouers om vir ons die beste te gee.
Resensente gee 'n kritiese oordeel oor flieks. Hy is in 'n kritieke toestand na die ongeluk.
Doeblette het twee vorme van die grondwoord wat nie dieselfde betekenis het nie, bv. Die ou oom rook tabak. Jy praat sommer twak.
Die boom van die kastrol is ongelyk. Die bodem van die swembad is skurf.
Ons braai graag vleis. Sy swak optrede is vir my 'n doring in die vlees.
Die woord word saam met ‘n en die gebruik en kan meervoud en verkleining hê.
Dit beskryf selfstandige naamwoorde, bv. die nuwe skool.
Byvoeglike naamwoorde kan verbuig word, bv. nuut – nuwe; dit kan trappe van vergelyking hê, bv. nuut (stellend); nuwer (vergrotend) en nuutste (oortreffende trap) EN dit kan ook soms intensiewe vorme hê, soos splinternuut. (ONTHOU: 'n intensiewe vorm word altyd as een woord geskryf)
Die byvoeglike naamwoord kan attributief wees – dit staan voor die selfstandige naamwoord, bv. die nuwe skool - OF predikatief – dit staan na die s.nw. bv. die skool is nuut.
Dit kan in die plek van selfstandige naamwoorde staan.
Dit word saam met die volgende gebruik:
Dit dui hoeveelheid of plek aan. Soorte:
Dit voeg woorde en sinne aanmekaar, bv. Hulle werk soggens en saans. Dit is koud, want dit is winter.
Soorte voegwoorde:
Dit word gebruik om 'n verhouding tussen sake uit te druk.
Dit druk gevoelens uit, bv. Siestog, is jy siek? Eina, jy trap op my voet!
kan alleen in 'n sin staan.
Hier gaan die handeling van die doener oor op die ontvanger, bv. Sy doen haar werk. Die woord doen is hier die oorganklike hoofwerkwoord, want die handeling van doen gaan oor op die werk. Jy kan dit toets deur wie (vir mense) en wat (vir dinge) saam met die onderwerp en gesegde te vra, bv. Wat doen sy? Die antwoord is haar werk en dit is dan die voorwerp.
Hier is daar nie 'n ontvanger van die handeling nie, bv. Die kind werk hard. Hier is daar nie 'n ontvanger van die werkhandeling nie.
kan as een woord of geskei in 'n sin gebruik word. Bv. ongeskeide werkwoord: Jy moet opstaan. Geskei: Jy staan vroeg op; jy het vanoggend vroeg opgestaan. (let hierop dat die woord in die verlede tyd die –ge- tussen die twee dele kry.)
Hulle kan nie selfstandig bestaan nie en word aan 'n woord of sinsdeel gekoppel, bv. Hy lyk vrolik. Sy is mooi. Koppelwerkwoorde: is, was, word, lyk, blyk, skyn, klink, heet, bly, voel.
Hule kan nie alleen in sinne optree nie, maar moet die selfstandige werkwoord help.
In Afrikaans het ons net 3 hooftye van die werkwoorde en 'n 4de wat soms gebruik word.
Hulle word van werkwoorde afgelei en word dan as byvoeglike naamwoorde gebruik.
'n Enkelvoudige sin het net een gesegde,wat beteken dit kan uit 'n hoofwerkwoord alleen of uit 'n hoofwerkwoord + hulpwerkwoord bestaan, bv. Die motor ry vinnig. OF Die motor het vinnig gery OF Die motor sal vinnig ry.
Ontleding van die enkelvoudige sin: Die volgende sinsdele kan voorkom:
'n Veelvoudige sin bestaan uit minstens twee hoofsinne. Dit is sinne wat op hulle eie selfstandige sinne is. Die sinne word deur en, maar of want verbind. Die sin sonder die voegwoord voor die sin, noem ons die hoofsin en die sin na die voegwoord word die neweskikkende hoofsin genoem, omdat die sin op sy eie sonder die voegwoord kan bestaan. Voorbeeld: Die leerders presteer goed,(hoofsin) want hulle werk hard.(neweskikkende hoofsin).
Wanneer die tweede sin na die voegwoord nie alleen kan staan nie, omdat die woordorde nie reg is nie, is die sin eintlik 'n onderskikkende hoofsin en word dit 'n bysin genoem.
'n Saamgestelde sin bestaan uit minstens een hoofsin en een bysin wat elk sy eie gesegde het. Onthou: bysinne het omgekeerde woordorde en word deur 'n onderskikkende voegwoord of betreklike voornaamwoord ingelei.
By die aktief/ bedrywende vorm is die sinne soos ons dit meestal in gesprekke gebruik, bv. Kinders eet pouse lekker broodjies.
By die passief/ lydende vorm ruil die onderwerp en voorwerp posisies in die sin, bv.Ons eet broodjies. (aktief). Broodjies word pouse (deur ons) geëet. (passief). Die woorde deur ons kan gebruik word, maar is onnodig as daar nie na iets of iemand spesifiek verwys word nie.
Passief word dikwels in berigte gebruik wanneer die name van persone nie genoem word nie, bv. Daar word nog na die oortreders gesoek.
Ook in formele situasies soos vergaderings, bv. Teenwoordiges word versoek om te bly totdat die vergadering verdaag.
Passief kan gebruik word om iets te beklemtoon, bv. Oortreders sal vervolg word.
Wanneer 'n sin vanuit die direkte rede (die direkte woorde van 'n persoon) na die indirekte rede oorgeskryf word:
In Afrikaans gebruik ons die dubbele nie, bv. Ek verstaan nie die werk nie. Soms neem ‘n woord ‘n spesiale vorm aan wanneer ons die ontkennende vorm gebruik, byvoorbeeld, ooit word nooit, iemand word niemand, iets word niks.
Dit is die herhaling van klanke in poësie, soos by rym.
Dit word deur sinsaksent bepaal.
'n Reël van 'n gedig.
'n Aantal reëls wat tussen tipografiese spasies staan.
Soorte strofes:
Die oorgang van een versreël na 'n volgende sonder 'n leesteken, m.a.w. die sin eindig nie met die laaste woord van die versreël nie.
Enkele funksies :
Epiek beteken “verhaal”. 'n Epiese gedig is 'n gedig waarin 'n verhaal vertel word.
Liriek is van die woord “lier” afgelei wat met sang te doen het. In 'n liriese gedig is sangerigheid teenwoordig. Sulke gedigte word dikwels getoonset.
Ons kry beeldspraak wanneer twee uiteenlopende sake met mekaar verbind word en dikwels iets op 'n indirekte manier wil meedeel. Die beeld in die gedig het dan 'n implisiete, eerder as 'n eksplisiete betekenis. 'n Woord of 'n saak kan byvoorbeeld 'n ander woord of saak impliseer. Die leser moet dan die betekenis van die woord probeer insien. Dit beteken dat die leser die konteks moet bestudeer, sodat die geïmpliseerde betekenis vasgestel kan word. Dit sluit vergelykings, metafore, personifikasie, metonimia, sinekdogee en antonomasia in.
Stylfigure verkry effek deur die besondere formulering of afwyking in die woordgebruik en sinsbou. Dit het 'n styleffek en verleen groter krag of dramatiese beeld aan skryfwerk, bv. eufemisme, hiperbool, ironie, satire, litotes, sarkasme, sinestesie, metafoor, metonimia, klimaks en oksimoron.
Inversie is die omkering van die gewone of natuurlike woordorde, ter wille van 'n bepaalde effek of rym, bv. lank was die dag, i.p.v. die dag was lank.
By elisie word klanke of 'n klankgreep uitgelaat, ter wille van 'n bepaalde effek of ritme, bv. elk’ i.p.v. elke. Die weglatingsteken ’ word gebruik.
Twee elemente van 'n vergelyking word direk aan mekaar gelykgestel (die ooreenkoms word gesuggereer), sonder die woorde “soos” of “nes”; 'n beeld word met ander woorde in die plek van die eintlike voorstelling geplaas of 'n woord word in 'n ongewone betekenis gebruik op grond van 'n vergelyking, bv. hy het 'n hart van klip, die oseaan van die lewe; “Die klein igloe van swaels” (Etienne van Heerden) waar eintlik gesê word dat die swaelnes soos die igloe van 'n Eskimo lyk.
'n Konkrete verskynsel word 'n simbool wanneer daar 'n dieper of abstrakte betekenis daaraan gekoppel word, bv. die kruis, wyn en brood het vir Christene 'n godsdienstige betekenis.
Dit is gewoonlik die humoristiese gebruik van 'n woord of woorde in meer as een betekenis. Grappe en spotprente berus dikwels op woordspeling.
Dit is die uitdruk van iets op 'n terughoudende wyse, eerder as om die volle waarheid of al die feite te ontbloot. Op die manier beklemtoon dit dikwels die saak.
Dit is gesegdes of uitdrukkings wat deur oorspronklikheid verras en lagwekkend en grappig is.
Deur 'n hiperbool word iets vergroot of oordryf om dit indrukwekkend te maak en iets te beklemtoon, bv. Ek het vir julle al duisend keer gesê om opskrifte te onderstreep! (dalk net vyf keer!)
Twee sake wat op grond van 'n sekere ooreenkoms aan mekaar gelykgestel word, word langs mekaar geplaas met die woorde “soos” of “nes” tussenin, bv. Hy is so sterk soos 'n leeu.
Dit is 'n stylmiddel waarin twee uiterstes teenoor mekaar gestel word, bv. lief en leed.
Dit is 'n bytende, bittere spot of minagting met die doel om op persoonlike vlak te skok of seer te maak.
'n Oordrewe geskrewe of visuele uitbeelding van 'n karakter deur die spot te dryf met persoonlike karaktertrekke, soos byvoorbeeld in spotprente waar die figuur baie groot ore het, 'n besonder groot dikraambril, groot neus, ens.
Die teenoorgestelde van wat jy verwag, gebeur of die teenoorgestelde van wat bedoel word, word spottend gesê.
Dit is 'n skynbare teenstrydigheid, bv. “wit duisternis” (Stad in die mis).
'n Teenstelling van gedagtes wat langs mekaar geplaas word om deur die kontras die uitwerking op die leser te versterk, bv. hoe meer haas, hoe minder spoed.
Die opwindendste, effektiefste of belangrikste deel van 'n verhaal. Dit is nie altyd aan die einde van 'n verhaal nie.
Die omgekeerde van klimaks; die onverwagte teleurstellende uiteinde of afloop; die ommeswaai van iets belangriks na iets nietigs, dikwels met 'n komiese effek.
Dit kom voor wanneer lewelose dinge, natuurverskynsels en abstrakte begrippe die eienskappe van mense gegee word. Dit kan die vorm van 'n vergelyking of 'n metafoor aanneem, bv. “ die asem van die wind raak weg” (Die dans van die reën).
Die plasing van leestekens. By poësie het sekere leestekens dikwels 'n spesifieke belangrike funksie binne die konteks van die gedig.
Die sentrale idee/s of boodskap in 'n literêre werk. 'n Teks kan meer as een tema hê en dit is soms nie vanselfsprekend/eksplisiet nie.
Die verwikkelde situasie wat 'n skrywer uitdink en waarop die verhaal gebaseer is.
Dit is die stryd, worsteling of botsing tussen karakters of tussen karakters en omstandighede.
Die idee is om 'n bepaalde reaksie by die toeskouer of leser te ontlok.
Die karakter is onbewus van die ware toedrag van sake, maar die leser of toeskouer weet wat werklik plaasvind. Dit veroorsaak spanning, genot en dikwels gehoordeelname.
Die bou van die drama: eksposisie, motoriese moment, verwikkeling, ontwikkeling, klimaks/hoogtepunt, ontknoping/afloop.
'n Sin word onvoltooid gelaat, want die leser moet dit self voltooi. Die ellips het altyd net drie punte …
'n Vraag word gestel, maar geen antwoord word verwag nie, omdat die antwoord reeds in die vraag opgesluit is. Die vraag word ook nie gevra om iets uit te vind nie, maar vir beklemtoning, bv. Weet jy hoe gelukkig jy is?
Herhaling van die voegwoorde en en of, wat normaalweg weggelaat word, maar wat ter wille van beklemtoning gebruik word.
Die klank van die woord stem ooreen met die geluid wat dit beskryf, bv. die kok-kok van die bosloerie.
'n Geleidelike vordering of verandering totdat die klimaks bereik word.
'n Prikkel wat vir een sintuig bedoel is, word deur 'n ander sintuig waargeneem, bv. “ruik die groen/proe die groen” (Pappa en seuntjie stap).
Twee naverwante sake waar die een genoem word, maar die ander word gesuggereer, bv. Ek lees Matthee (die boek word bedoel).
'n Gedeelte van die geheel word genoem, bv. hy bly nog onder die ouerlike dak (i.p.v. huis). Die rooiborsie het 'n nessie gebou (hy het meer as net 'n borsie).
'n Eienaam word as metafoor gebruik, bv. Hy is 'n Salomo ('n wyse).
'n Stylfiguur waarby twee teenoorgestelde begrippe met mekaar verbind word, bv. ou nuus.
'n Stylfiguur waarby iets verklein word om die betekenis of bedoeling beter te laat uitkom, veral deur die teenoorgestelde te ontken, bv. dit gaan nie sleg nie (in plaas daarvan om te sê dit gaan goed).
Versagtende uitdrukking of omskrywing, bv. Hy het heengegaan, i.p.v. Hy is dood.
Inligting wat 'n dramaturg oor die agtergrond, plek, tyd en karakters gee. Dit word aan die begin van die drama gegee. In die teks word dit in die karakter se spreekbeurt tussen hakies gegee en word neweteks genoem.
Die verteller se standpunt word vanuit 'n spesifieke hoek gesien: alwetend, alomteenwoordig, eerste- en derdepersoon.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.