From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Abwehr was die Duitse militêre intelligensiediens vir die Reichswehr en Wehrmacht van 1920 tot 1945.[1]
Abwehr | |
Tipe | Militêre Intelligensiediens |
---|---|
Gestig | 1920 |
Hoofkantoor | 76/78 Tirpitzufer, Berlyn |
Sleutelpersone | Wilhelm Canaris |
Ontbind | 1945 |
Ondanks die feit dat die Verdrag van Versailles die Duitsers geheel en al verbied het om 'n intelligensie-organisasie te stig van hulle eie[2], vorm hulle in 1920 'n intelligensiegroep in die Ministerie van Verdediging, wat die Abwehr genoem word. Die aanvanklike doel van die Abwehr was verdediging teen buitelandse spioenasie - 'n organisatoriese rol wat later aansienlik uitgebrei is.[3] Onder generaal Kurt von Schleicher is die intelligensie-eenhede van die individuele militêre dienste gekombineer en in 1929 gesentraliseer onder sy ministerie van Verdediging, wat die grondslag vorm vir dit wat meer algemene begryp word as die Abwehr.
Elke Abwehr-kantoor dwarsdeur Nazi-Duitsland was gebaseer op weermagdistrikte en meer kantore is in neutrale lande en in die besette gebiede geopen, namate die groter Ryk uitgebrei het.[4] Die ministerie van Verdediging is in 1935 hernoem na die ministerie van Oorlog en daarna deur Adolf Hitler vervang deur die nuwe Oberkommando der Wehrmacht (OKW). Die OKW was deel van die persoonlike "werkende personeel" van Adolf Hitler vanaf Junie 1938 en die Abwehr het sy intelligensie-agentskap geword onder vise-admiraal Wilhelm Canaris.[5] Die hoofkantoor was geleë by 76/78 Tirpitzufer, Berlyn, net langs die kantore van die OKW.
Die posisie van die Abwehr binne Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog was omstrede. Daar was wrywings tussen die verskillende intelligensiedienste van die SS, Luftwaffe en Wehrmacht. Admiraal Wilhelm Canaris, hoof van die Abwehr, het die Duitse landleër, die Wehrmacht, grotendeels beskerm teen die invloed van die Nazi Party en die Schutzstaffel (SS). Die senior leiers van die Abwehr het uiteindelik die kern van weerstand teen Nasionaal-Sosialisme geword.
In 1943 is Hans von Dohnanyi, hoof van Abwehr Buitenland, deur die Gestapo in hegtenis geneem. Die amptelike aanklag was smokkel van buitelandse valuta, maar hy was betrokke by die weerstand en vlug van Jode. Op dieselfde tyd as hy is Dietrich Bonhoeffer gearresteer, sy swaer en lid van die verset. Vroeg in 1944 verloor admiraal Wilhelm Canaris, as hoof van die Abwehr, alle vertroue van die Nazi-leierskap en hy en majoor-generaal Hans Oster, stafhoof Abwehr Buitelandse tak, is in Februarie 1944 van hul poste onthef ná die afvalligheid van verskeie geheime agente. Hulle was ook aktief in die Widerstand (die verset teen die Nazi's) en is al geruime tyd deur die Gestapo gemonitor. Canaris en Oster in hegtenis geneem nadat hulle verbind is met die aanval deur Claus von Stauffenberg op Adolf Hitler. Toe die hele top van die Abwehr weg is, kom die diens onder die direkte bevel van Schellenberg se Sicherheitsdienst (Ausland-SD) en Heinrich Himmler se Reichssicherheitshauptamt.
Die diens het glo ook inligting met die Geallieerdes uitgeruil. Die Abwehr het 'n hele netwerk van Duitse intelligensie-agente in Brittanje gehad, maar baie van hulle is geïdentifiseer en gewerf deur Britse intelligensie na die ontsyfering van hul boodskappe wat deur Enigma beveilig is. Daarbenewens het die Bletchley Park-kodebrekers kontakte in die Abwehr gehad. Aan die einde van die oorlog is Canaris, Oster en Dohnanyi tereggestel deur die SS in die konsentrasiekamp Flossenbürg, wat onmiddellik die einde van die Abwehr beteken het. Die uiteindelike rol van die Abwehr in die loop en einde van die oorlog sal moontlik nooit volledig bepaal kan word nie.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.