Abell 2218
From Wikipedia, the free encyclopedia
Abell 2218 is ’n swerm sterrestelsels meer as 2 miljard ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Draak.
Kitsfeite Soort, Sterrebeeld ...
Abell 2218 | |
---|---|
Abell 2218 (Bron: Nasa/ESA) | |
Soort | Sterrestelselswerm |
Sterrebeeld | Draak |
Tipe | II (Bautz-Morgan-klassifikasie) |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 16h 35m 54s[1] |
Deklinasie | +66° 13′ 00″[1] |
Afstand (ligjaar) | 2,345 miljard[1] |
Rooiverskuiwing | 0,1756[1] |
Aantal stelsels | 10 000 |
Ander name | |
N.V.T. | |
Portaal Sterrekunde |
Sluit
Dit dien as ’n kragtige gravitasielens: Dit vergroot en verwring alle sterrestelsels agter die kern van die swerm in lang boë. Dié stelsels lê almal uitgestrek om die kern van die swerm en van sommige is meer as een beeld te sien – laasgenoemde is gewoonlik sigbaar as ’n dubbele stelsel met ’n derde, dowwer een daarnaby.