Gravitasielens
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Gravitasielens is ’n baie sterk swaartekragveld, soos dié van ’n sterrestelsel, sterrestelselswerm of swart gat, wat lig komende van ’n afgeleë onderwerp daaragter, na die waarnemer inbuig om effektief ’n wanbeeld van die verste objek te lewer. Dit word die duidelikste waargeneem wanneer die agterste objek, swaartekragveld en waarnemer hulle in min of meer ’n reguit lyn bevind.
Die mate van ligbuiging word ondermeer deur Albert Einstein se algemene relatiwiteitsteorie voorspel.[1] Alhoewel Orest Khvolson (in 1924) en František Link (in 1936) voorgehou word as die eerstes om die effek in gedrukte vorm te bespreek, word dit meer algemeen met Einstein verbind, wie se invloedryke artikel oor die onderwerp in 1936 verskyn het. Fritz Zwicky het in 1937 voorgestel dat die effek sterrestelselswerms in staat sou stel om as gravitasielense op te tree, maar dít kon eers in 1979 deur waarneming van die Tweelingkwasar SBS 0957+561 bevestig word.[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.