1942 – Te midde van oorlogswoelinge stel dr. D.F. Malan, leier van die opposisie, in die Volksraad die omskepping van Suid-Afrika in ’n republiek voor.
1949 – Durbanonluste: die Indiese gemeenskap word geteiken deur Zoeloe-skares. Tydens die brutale veldtog word huise en besighede afgebrand, Indiërvroue en -meisies verkrag en Indiërmans en -vroue van enige ouderdom vermoor. 142 sterf, meer as 'n duisend word beseer en 40000 word vlugtelinge.
1986 – 'n Maand lange gewelddadige stryd begin in Aden, Suid-Jemen, tussen ondersteuners van Ali Nasir Muhammad en Abdul Fattah Ismail, wat duisende sterftes tot gevolg het.
1957 – Die speelgoedmaatskappy Wham-O vervaardig hulle eerste vlieënde skyf, wat later herdoop is tot die Frisbee.
1852 – Fabian Gottlieb von Bellingshausen. As bevelvoerder van die tweede Russiese om-die-wêreldvaart was hy een van drie mense wat Antarktika vir die eerste keer waargeneem het (* 1778).
1882 – Wilhelm Mauser, Duitse wapenontwerper (* 1834).
1919 – Hans Bielenstein, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1863).